Van die Vlak­te tot die ver­hoog

Jy kan haar nie mis­kyk nie, of dit nou op die plan­ke is in ’n erns­ti­ge to­neel­stuk oor die Kaap­se Vlak­te of in ’n law­we pan­to­mi­me. Die be­kroon­de ak­tri­se Il­se Klink doen wat haar ge­luk­kig maak . . .

Sarie - - PRAAT MET - DEUR DELIA DU TOIT FO­TO PHYLLIS G­REEN STILERING FA­NIE CRONJÉ

Il­se Klink het ’n huis­hou­de­li­ke naam ge­word toe sy in 1999 op Tv-skerms ver­skyn het as die Sa­bc3-se­pie I­si­din­go se Va­nes­sa Booy­sens. Maar sy’t in­tus­sen be­kend ge­word as ’n swaar­ge­wig-ak­tri­se op die Suid-a­fri­kaan­se ver­hoog én sil­wer­doek – en boon­op van­jaar met die Fi­ës­ta-toe­ken­ning vir bes­te ak­tri­se weg­ge­stap vir die rol van P­ris­cil­la in die ver­hoog­stuk K­ris­tal­vlak­te. Sy is ook vir ’n Na­le­di be­noem vir die rol van Nar­wal in die ver­hoog­stuk S­cor­ched.

& In ’n kof­fie­win­kel na­by haar huis in Auck­land Park, Jo­han­nes­burg, be­stel sy ’n cap­puc­ci­no en ei­er op rog­brood. “Ek moet sog­gens eet, an­ders is ek ’n zom­bie!” bieg sy.

Il­se is ’n rég­te vrou – met haar be­ken­de bos wil­de krul­le, kur­wes en al­tyd ’n breë glim­lag. Sy steur haar ook nie aan die sa­me­le­wing se voor­op­ge­stel­de i­dees van vrou­wees nie – trou is “nie op die kaar­te nie”.

Tuis, ver­tel sy, is sy ’n dood­ge­wo­ne ma van twee. “Men­se gaan baie ver­veeld raak as hul­le skin­der­nuus kom soek, daar’s niks in­te­res­sants nie!” lag sy.

Wel, dit hang af hoe jy in­te­res­sant de­fi­ni­eer – want as dit by werk kom, is daar min ak­teurs wat so veel­sy­dig is. Van erns­ti­ge to­neel­stuk­ke tot mu­siek­bly­spe­le en selfs kor­po­ra­tie­we werk, Il­se het al al­les ge­doen . . .

Waar­oor gaan die to­neel­stuk K­ris­tal­vlak­te, en hoe het jy dit on­der­vind? Ek speel die rol van P­ris­cil­la, ’n ma wat haar geld maak deur twee­de­hand­se i­tems te smous. Die sto­rie speel af oor der­tig jaar in Mit­chells Plain op die Kaap­se Vlak­te. P­ris­cil­la doen wat sy doen om haar ge­sin aan die le­we te hou, maar na­der­hand gaan dit oor die geld.

< Sy be­gin ge­steel­de goe­de­re by ben­des aan­koop om dit weer te ver­koop, en smous la­ter tot haar seun. Deur al die ja­re is sy nie be­reid om haar fou­te te er­ken en te ver­an­der nie.

Dis ’n baie diep, swaar sto­rie en dit was vir my uit­da­gend, e­mo­si­o­neel uit­put­tend. Maar dis ook so ’n be­lang­ri­ke sto­rie, want die Vlak­te is dees­dae in die g­reep van ’n ben­de-oor­log – en ’n mens hoor nie daar­van nie. Tra­gies. Ek dink na aan twin­tig men­se is daar dood ter­wyl ons ge­re­pe­teer het, on­der wie ’n vyf­ja­ri­ge mei­sie wat op haar ma se stoep deur ’n koe­ël ge­tref is. Die sto­rie praat tog ook met al­mal, want die bood­skap is hoe on­be­wus­te­lik ons leef, hoe ons ons fou­te her­haal. Ek het wit A­fri­kaan­se mid­del­ja­ri­ge mans sien huil in die ge­hoor. Jy’t self in Mit­chells Plain groot­ge­word. Hoe was dit des­tyds? Dit was an­der dae. Ons ge­sin het na P­re­to­ria ver­huis toe ek ’n tie­ner was, in 1985, en ek het kon­tak met die men­se ver­loor. Maar selfs daar­die ja­re was ons al be­wus van dáár­die ma’s – dié wat al­ler­han­de goed langs die pad ver­koop het, van lek­ker­goed tot on­wet­ti­ge din­ge. Dit was net nie al­ge­meen nie.

Dees­dae is die “tik-ma’s” ’n be­ken­de ver­skyn­sel vir die men­se wat daar woon – ma’s wat die dwelm ver­koop om geld te maak. Die hart­seer is dat hul­le só hul kin­ders wil help, maar hul­le stook die vu­re vir die ben­de-oor­log en dis dan die om­ge­wing waar­in hul kin­ders groot­word. Des­pe­ra­te men­se is die ge­vaar­lik­ste. Hoe be­lang­rik is toe­ken­nings soos jou on­lang­se Fi­ës­ta vir jou? Ek moet er­ken, ek hét ge­hoop ek wen iets vir K­ris­tal­vlak­te, want dit was gróót vir my, baie moei­lik. Ak­teurs ver­tel dalk net sto­ries, maar dit het krag. Dit gaan sit ie­wers in men­se se ag­ter­kop, en jy hoop jy kan ie­mand net ’n bie­tjie an­ders na die wê­reld laat kyk. Dit het ook baie van my ge­verg om el­ke dag met sul­ke swaar e­mo­sies te werk, en ek het baie ge­groei as ak­tri­se, so ek het ge­hoop ek kry er­ken­ning daar­voor. Maar as jy jou werk doen vir men­se se goed­keu­ring, gaan jy suk­kel, want jy kan nie toe­laat dat an­der se o­pi­nies oor jou, jou raak nie. Ek doen werk wat ék wil doen, maar dis lek­ker as dit tog raak­ge­sien word. En wat van kri­tiek? Hoe ver­werk jy dit as jy in die kol­lig leef? Dís iets wat ek deur die ja­re leer doen het. Ek het my dog­ter, Ty­ler, op 21 ge­had en een dag ge­hoor hoe ie­mand sê: “Sy’t so ’n prag­ti­ge le­we ge­had, en nou het sy ’n kind.” Ek was vas­be­slo­te om hul­le ver­keerd te be­wys, om ’n suk­ses­vol­le loop­baan te hê én vir my kind ’n sta­bie­le huis te gee, haar goed te ver­sorg en goeie geld te maak in ’n moei­li­ke be­dryf. En ek was na­der­hand dood­moeg. Toe be­sluit ek ek gaan nie meer om­gee wat e­nig­ie­mand van my dink nie. Ek weet wie ek is, hoe sterk ek is, waar­toe ek in staat is.

Dis iets wat jy leer soos jy ou­er word, maar ek pro­beer dit nou op 23 vir Ty­ler ook leer. Ek sê vir haar sy moet haar­self nooit met an­der ver­ge­lyk nie. So­lank jy doen wat jou ge­luk­kig maak. Wie is jy tuis? Die e­nig­ste on­ge­wo­ne ding is dat ek graag oor ster­re­te­kens leer; ek wil nou vir men­se hul ster­re­le­sings be­gin doen. Ek is ’n ti­pie­se Vis: kre­a­tief, kop in die wol­ke, ’n dro­mer.

Bui­ten dit is ek ’n dood­ge­wo­ne ma van twee! My jong­ste, Jos­hua, is elf en Ty­ler stu­deer om ’n draai­boek­skry­wer te word. Hul­le het ver­skil­len­de pa’s en ons al­mal kom baie goed oor die weg.

Ons is al­mal tog baie meer een­ders as wat ons soms dink

Een keer, toe Jos­hua ’n ba­ba was en Ty­ler op skool, moes ek lank weg­gaan vir werk. Toe trek al­bei pa’s by my huis in om die kin­ders te ver­sorg. Hul­le sou blyk­baar saans roep “Ho­ney, I’m ho­me”. Ek lag nou nog!

Ek is nie die soort vrou wat wil trou nie. Dis net nog nooit ’n droom ge­wees nie. Ek dink die fan­ta­sie van die per­fek­te man in my kop be­staan nie in die reg­te le­we nie, en ek dink nie ek sal ge­luk­kig wees as ek dit nie kan kry nie.

Ver­hou­dings is moei­lik! Ek sien vrien­de trou wat so dol­ge­luk­kig lyk, en die vol­gen­de oom­blik skei hul­le. Ek hou ook van my eie ruim­te, om my eie ding te doen. Ek sal al­mal on­der­steun wat wil trou, want ek is lief vir ’n lek­ker troue. Maar dan­kie tog ons vroue leef in ’n tyd waar óns kan kies wat ons met ons le­we wil doen, waar trou nie meer jou pri­o­ri­teit hoef te wees nie. Is jul­le ’n heg­te fa­mi­lie? Nog al­tyd, ja. Al­mal sê hul ou­ers is fa­bu­lous, maar mý­ne! My ma, Flo­ren­ce, was ’n ver­pleeg­ster en my pa, Ne­w­ton, ’n gra­veer­der. Hul­le het my al­tyd, in al­les, on­der­steun en ek kan nie een keer ont­hou dat ek hul­le hoor ba­klei het nie. Hul­le het baie hard ge­werk om vir my, my jon­ger broer en ou­er sus­ter te sorg.

Toe Ty­ler klein was en ek by I­si­din­go ge­werk en in P­re­to­ria ge­woon het, sou ek vyf­uur sog­gens op­staan, haar by my ou­ers gaan af­laai en dan deur­ry Jo­han­nes­burg toe.

In 2006 moes ek vir ’n maand Duits­land toe gaan en my ma het saam­ge­kom om Jos­hua op te pas. Dit was haar eer­ste keer oor­see en ek is so bly ons kon dit saam er­vaar. Sy het net daar­na bors­kan­ker ge­kry en is ge­luk­kig nou ge­sond, maar ek is bly sy kon dit on­der­vind voor sy iets so moei­lik moes deur­maak. Jy was in die vroeë 2000’s vir meer as vyf jaar by I­si­din­go. Hoe lyk die se­pie-land­skap dees­dae?

In die al­ge­meen is ons se­pies dees­dae meer ak­tu­eel, want die le­we in ons land is van só ’n aard dat ons se­pies nie net oor men­se se lief­des­le­wens kan gaan soos in A­me­ri­ka nie. Dis ook won­der­lik dat daar nou iets soos kyknet se Suid­oos­ter is – dis be­lang­rik dat bruin men­se ook sto­ries het wat met hul­le praat. Daar’s ’n ont­plof­fing van kul­tu­re­le din­ge in ons land tans, sto­ries van ons eie kul­tu­re wat voor­heen nie ver­tel was nie om­dat al­les so ver-a­me­ri­kaans was. Daar was ook al groot mu­siek­bly­spe­le soos Rent (2007) en C­hi­ca­go (2005, 2008)! Waar het jy leer sing? My bes­te vrien­din op skool het fan­tas­ties ge­sing. Sy was des­tyds ’n fi­na­lis in die sang­kom­pe­ti­sie S­hell Ro­ad to Fa­me. Ek het na haar ge­luis­ter, haar be­stu­deer, en al wat ek toe ge­doen het, was om haar na te aap. Hoe sy haar stem laat tril, by­voor­beeld. Só het ek ge­leer.

Snaaks ge­noeg wou ek as kind eint­lik ’n o­pe­ra­san­ge­res word. Ek het saam met my ma na al haar o­pe­ras ge­luis­ter en ek wou daai men­se wees – dié wat byna lyk as­of hul­le in pyn is soos hul­le sing. Die dra­ma! Na­tuur­lik was ek ag­ter dít aan, en nie die sing nie. Ek sou my­self op­neem ter­wyl ek oe­fen. My nig­gie hoor dit toe op ’n dag en lag haar­self klaar. Toe s­top daai droom nét daar!

Maar ek glo se­ke­re din­ge is vir jou uit­ge­kerf, en die heel­al stuur toe daar­die vrien­din vir my om weer my san­glief­de aan te wak­ker. Toe ek dra­ma by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria gaan stu­deer, was men­se nog­al ver­baas dat ek kan síng. Ek dans net glad nie – ek weet da­rem wat my swak pun­te is! Ver­kies jy een me­di­um bo ’n an­der? As ek te veel TV doen, mis ek die ver­hoog. En ná ’n ruk op die ver­hoog wil ek weer Tv-werk doen. Dis nie ’n goeie ding nie – jy moet eer­der in die oom­blik wees en dit ge­niet. Maar ek dink dis ’n al­ge­me­ne ding on­der ak­teurs – ons moet mos al­tyd dra­ma skep.

Ek moet er­ken, na­dat ek ver­le­de jaar S­cor­ched en K­ris­tal­vlak­te ge­doen het, twee baie swaar, dra­ma­tie­se ver­hoog­stuk­ke, was ek e­mo­si­o­neel leeg. En het ek ge­vra: “Lord, kan ek as­se­blief van­jaar sing?” En nou speel ek in twee pan­to­mi­mes!

Die bes­te is dat ek voor­ver­le­de jaar ge­vra het of ek as­se­blief in iets dieps en be­te­ke­nis­vols kan speel en dit het ook ge­beur! Vra en vir jou sal ge­gee word. Die een ding waar­in ek nie be­lang­stel nie, is om ag­ter die skerms te werk. Maar ek sal graag die hoof­rol in ’n fliek wil speel. Hoor jy, heel­al? Waar­aan werk jy nog van­jaar? Wel, eers speel ek die rol van ’n fee in Puss in Boots by Gold Reef Ci­ty [van 30 Ju­nie tot 23 Ju­lie], en dan weer in Ja­ni­ce Ho­ney­man se Pi­noc­chio la­ter van­jaar. Tus­sen­deur doen ek kor­po­ra­tie­we rol­spel-op­lei­ding vir be­stuur­ders – ek en ’n groep ak­teurs speel moei­li­ke ka­rak­ters wat die be­stuur­ders dan moet leer han­teer. Ek ver­tolk ook ’n klei­ner rol in die film Die El­len Pak­kies Sto­rie, wat vroeg vol­gen­de jaar ver­skyn.

Ons is ook be­sig om te skiet aan ’n film in May­fair in Jo­han­nes­burg, oor die Mos­lem-ge­meen­skap daar. Ek kan nog nie veel daar­oor sê nie, maar ek ge­niet dit baie om ook meer oor daar­die kul­tuur te leer. Mid­dag­e­tes eet ons ker­rie by re­stau­ran­te daar en luis­ter na men­se se ak­sen­te.

Ek het al so­veel ver­skil­len­de A­fri­kaan­se ak­sen­te in my loop­baan ge­doen – van dié op die Vlak­te tot dié van ’n om­ge­wings­ak­ti­vis in Vil­la Ro­sa, met ’n teg­nie­se woor­de­skat waar­van ek die helf­te nie eens ver­staan het nie. Wat ’n won­der­li­ke, in­te­res­san­te land het ons nie! Hoe voel jy oor ons land se po­li­tie­ke si­tu­a­sie? Baie kwaad. Ons pre­si­dent moet baie sterk san­go­ma-toor­de­ry hê wat hom be­skerm. Ek het vroe­ër van­jaar in P­re­to­ria deel­ge­neem aan die op­tog­te teen hom. Dit was won­der­lik om te sien hoe men­se saam­staan – el­ke kleur en klas. Hy ver­nie­tig ons prag­ti­ge land. En dis die arm­ste men­se wat die mees­te gaan suk­kel. Dit maak my hart­seer dat hy sy kie­sers só han­teer. Daai ma wat vir hom ge­stem het en nou nie brood vir haar kin­ders kan koop nie.

Ek is te­leur­ge­steld in die ANC dat hul­le toe­ge­laat het dat dit so ver gaan. Daar is ’n on­aan­ge­na­me ding aan die kook en op ’n punt gaan dit oor­bor­rel. Maar ek sal nooit oor­see ver­huis nie, be­slis nie ter­wyl ek nog my ou­ers het en my fa­mi­lie hier is nie. Het jy dus hoop vir ons toe­koms? So­lank ons ge­wo­ne men­se saam­staan en me­kaar help, sal ons ou­kei wees. Ek sien al hoe meer dat men­se groen­te in hul voor­tuin be­gin plant, so langs die sy­paad­jie, so­dat dié wat hon­ger is hul­self kan help. Wat ’n prag­ti­ge ge­baar. Nie al­mal van ons is die soort wat be­toog nie, maar elk­een kan ’n ver­skil maak met sy ta­len­te. Iets soos K­ris­tal­vlak­te, by­voor­beeld, gaan nie die pro­bleem al­leen weg­neem nie, maar dit raak men­se en maak hul­le be­wus van ’n pro­bleem. Ek glo vas el­ke bie­tjie help. Jy be­ïn­vloed jou ge­sin, hul­le raak weer ie­mand an­ders, en so kan pro­ble­me sta­dig­aan be­gin ver­an­der.

En ons moet ont­hou dat ons so­veel ge­meen het. Jos­hua en sy bes­te vrien­din, No­buhle, het nou die dag die nu­we Le­on S­chus­ter-fliek gaan kyk. Daar’s geen gren­se met só iets nie – al­mal lag saam. Selfs ek, wat as ar­tis­te my neus vir sul­ke non­sens op­trek, kyk dit, al kry ek skaam ná die tyd. Ons is al­mal tog baie meer een­ders as wat ons soms dink.

Ek weet wie ek is, hoe sterk ek is, waar­toe ek in staat is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.