ONS TOP-40!

Sarie - - VOORBLADGESIG -

Ge­luk aan ons 40 se­mi-fi­na­lis­te, ge­kies uit der­dui­sen­de in­skry­wings van reg oor die land! Elk­een het ’n stuk­kie ma­gic – soos hul in­skry­wings­fo­to’s hier wys – wat ons laat dink het, sy’s dalk ’n wen­ner. En dan die gróót nuus: in sy se­wen­de jaar gaan SA­RIE Voorbladgesig TV toe! Nou sal ons nie net die uit­ein­de­li­ke 10 fi­na­lis­te in SA­RIE en op SA­RIE.COM sien nie, maar sal ons ook met die reeks van 7 e­pi­so­des op kyknet die voor­blad­reis saam met hul­le kan aan­pak. Ons gaan hul­le leer ken en die pad saam met hul­le stap tot­dat die wen­ner in Ok­to­ber op SA­RIE se voor­blad ver­skyn. Oor die ja­re het byna 50 000 vroue al vir die wed­stryd in­ge­skryf. Vroue wat op die voor­blad wíl wees, want dis hul tyd­skrif, hul taal en hul wê­reld. En bloot om­dat hul­le kán. Die feit dat Voorbladgesig ’n Tv-reeks word, sê hoe in­spi­re­rend hier­die vroue reg­tig is – of hul­le nou 18 of 62 is. Dié keer gaan ons hul wen­gees en u­nie­ke per­soon­lik­heid in ak­sie be­leef. – Mi­chél­le van B­re­da

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.