‘Dis vir my ge­sin’

Die te­mas waar­mee film­ma­ker Se­an El­se woe­ker, is so SuidA­fri­kaans soos pap en wors. Sy ver­hui­sing Mau­ri­ti­us toe be­te­ken nie hy skud ons land se grond van sy voe­te af nie. In­teen­deel . . .

Sarie - - INSPIREERDER - DEUR LY­DIA VAN DER MER­WE

SoosMi­das laat hy byna al­les waar­aan hy raak in goud ver­an­der.

Maar dan wéét Se­an El­se hoe om e­mo­sies bloots te ry, met lied­jies soos Bok van B­lerk se om­stre­de “De la Rey”. In die in­ter­na­si­o­naal be­kroon­de fliek Mod­der en Bloed tok­kel hy har­te met twee sna­re: die Boe­re­oor­log én rug­by.

Die ver­le­de, nos­tal­gie, ou waar­des, daar­mee #woe­ker hy. Hy is dus die laaste mens wat jy sou dink die lands­gren­se sou ver­laat, nie eens ’n ruk­kie nie.

Tog, in Mei ver­le­de jaar, is hy, sy ge­sin, hul kat en sy skoon­fa­mi­lie sak en pak Mau­ri­ti­us toe.

Moe­nie te veel daar­van maak nie, sê hy. Dié tro­pie­se ei­land is im­mers op ons voor­stoep, byna ’n tien­de pro­vin­sie. Tal­le Suid-a­fri­ka­ners woon daar. En vlieg­kaart­jies Jo­han­nes­burg toe soms goed­ko­per as dié bin­ne ons lands­gren­se.

Som­mer nou die dag was hy ’n spier­tier in die boy band E­den. Hy het hom in­tus­sen be­wys as ie­mand wat ’n skerp sa­ke­brein met ho­pe kre­a­ti­wi­teit kom­bi­neer.

Die tref­fer­flieks Mod­der en Bloed, ’n Man soos my pa en Plat­te­land is ver­vaar­dig deur sy film­maat­skap­py Col­lecti­ve D­re­am Films. Hy het eg­ter ook die draai­boe­ke ge­skryf en re­gie be­har­tig. Self sê hy hy ver­wis­sel mak­lik van hoe­de: een af, an­der een op.

Nou sit hy in sy kan­toor op Bam­bous, ’n ou vis­sers­dor­pie in die hart­jie van Mau­ri­ti­us se toe­ris­te­mek­ka. ’n Pak­huis in die ny­wer­heids­ge­bied, 35 km van die lug­ha­we, wat hul­le in ’n film­a­tel­jee om­skep. Hy be­skryf sy om­ge­wing per te­le­foon: Om­ring met sui­ker­riet en ’n uit­sig op berg en see.

Mau­ri­ti­us, die sen­su­e­le land van rum, sui­ker­riet en va­niel­je. Palm-om­soom­de stran­de, ko­raal­riw­we, mal­se tro­pie­se plan­te­groei. Vrien­de­li­ke men­se: “No pro­blem” is die be­ken­de re­frein. En byna per­fek­te weer reg­deur die jaar.

Uit­ge­knip vir die sil­wer­doek. Tog be­staan daar feit­lik nie ’n film­be­dryf nie. “Hier’s niks, be­hal­we ’n paar ou­ens wat ad­ver­ten­sies skiet. Die veld is braak, ons is pi­o­niers,” ver­tel Se­an.

Die Suid-a­fri­kaan­se fliek­be­dryf het te klein ge­word, daar is te veel film­ver­vaar­di­gers wat uit ver­al die kos­ba­re ky­knet­trog moet drink. Jy weet nie of die SAUK jou gaan be­taal nie. En hy het vier seuns vir wie se toe­koms hy moet sorg: Cay­lem (13), Vaughn (11) en die klein­tjies Da­niel (3) en No­ah (2).

“Men­se moet dit nie ver­keerd ver­staan nie. Ek v­lieg ge­reeld Suid-a­fri­ka toe. As film­ma­ker en draai­boek­skry­wer kan ek im­mers o­ral werk. Dit was ’n pa se be­sluit vir sy ge­sin.”

En dís die plan: Om Col­lecti­ve D­re­am Films uit te brei en die in­ter­na­si­o­na­le mark te be­tree. Die ge­leent­he­de op die ei­land is “on­ge­loof­lik”. “Die Mau­ri­ti­us-re­ge­ring be­taal by­voor­beeld 40% van ’n fliek se on­kos­te te­rug. Hul­le buig ag­ter­oor om jou te on­der­steun. Ons het ook ’n tak in Lon­den oop­ge­maak. My ven­noot [en swa­er] Ru­dy Hal­gryn is daar.

“Ons is voorts be­sig om die be­dryf se fon­da­men­te hier te lê. Leer die ou­ens van die film­be­dryf, dis op­lei­ding . . . op­lei­ding . . . op­lei­ding. Dit voel vreemd om in ’n land te wees waar jy op jou ken­nis al­leen be­oor­deel word vir jou by­drae.

“Maar ons pro­jek­te in Suid-a­fri­ka is steeds aan die gang. Ons het lang­ter­myn­plan­ne, op Mau­ri­ti­us én daar. Ons het ’n werks­per­mit hier vir drie jaar. Daar­na sal ons be­sluit of ons te­rug­keer Suid-a­fri­ka toe of dit wil ver­leng.”

Vir die on­mid­del­li­ke toe­koms is Mau­ri­ti­us dus hul wo­ning. Hul­le het met “kag­gel-kak­ker­tjies” en al ge­trek, ver­tel hy. Sy vrou, Car­la, se ou­ers, Da­nie en Ka­rin Hal­gryn, en ook húl ou­ers het saam­ge­kom. Vier ge­ne­ra­sies, “die he­le kliek”, nes in Hout­baai, waar hul­le al­mal eers ge­woon het. Se­an en Da­nie is se­we jaar lank al ven­no­te van Col­lecti­ve D­re­am Films.

Oor die troe­tel­die­re moes hul­le mooi dink. Wil jy hul­le daar­deur sit, drie maan­de in ’n hok, kwa­ran­tyn? Ou Zeus, die be­jaar­de pool­hond met drie be­ne, was siek­lik en het by die bu­re ag­ter­ge­bly. Hy’s in­tus­sen oor­le­de. Ram­bo, die dwerg­kees ( toy pom), is by Se­an se ou­ers. C­hucky, die Jack Rus­sell, het plaas­hond ge­word by ’n ge­sin met drie seun­tjies. Mi­aau­mix, die kat, het saam­ge­trek. “Ons het ’n paar maan­de mod­der ge­trap en toe is als op hul plek.”

Die he­le kliek woon op Ta­ma­rin, ’n dor­pie aan die wes­kus. Hul­le het die ge­bied ge­kies om­dat daar so­veel Suid-a­fri­ka­ners is. Het nou byna meer A­fri­kaan­se vrien­de as wat hul­le in Hout­baai ge­had het.

Ta­ma­rin het mooi, klein win­kel­sen­trums en plek­kies by die see waar jy kan in­draai, braai en kam­peer. Deel van die plaas­li­ke kul­tuur, nes by ons. Na­we­ke kyk die Suid-a­fri­ka­ners saam met plaas­li­ke in­wo­ners rug­by op groot­skerm-tv’s in kroe­gies. En daar­na word, ja, ge­braai.

Vol­gens Se­an vóél Mau­ri­ti­us baie soos ons land. Die mo­der­ne to­ring­ge­boue in Cy­ber­ci­ty, die fi­nan­si­ë­le spil­punt aan die bui­te­wy­ke van Port Lou­is, laat jou aan Sand­ton dink. Win­kel­kom­plek­se word deur die­self­de ont­wik­ke­laars as in ons land ge­bou en ver­skil ui­ter­lik min. Daar is ook ’n S­hop­ri­te, S­pur, De­bo­nairs.

Die ei­land self is ’n prut­pot van ont­wik­ke­ling. Die re­ge­ring is Suid-a­fri­ka­ners goed­ge­sind wat met die op­bou van die land kan help. Die men­se vre­de­lie­wend, be­hulp­saam, daar is nie kon­flik om­dat jy an­ders leef nie. Baie Hin­does, maar ook Rooms-ka­to­lie­ke en Mos­lems.

Ver­le­de en he­de skuur skou­ers. Mau­ri­ti­us was on­be­woon toe die Ne­der­lan­ders in 1638 ’n ver­ver­sing­pos hier kom op­rig en die sui­ker­plan­ta­sies aan­ge­plant het. Daar­voor het hul­le sla­we en ar­bei­ders uit In­dië, Ma­da­gas­kar en C­hi­na in­ge­span, die Oos­ter­se in­slag steeds dui­de­lik in die kle­re en kos. Si­mon van der Stel, die eer­ste Kaap­se goe­wer­neur, is op ’n skip van Ba­ta­via op pad Mau­ri­ti­us toe ge­bo­re. La­ter het die Fran­se en toe die B­rit­te ’n draai ge­maak.

Dit pla my as ek sien wat in Suid-a­fri­ka ge­beur Se­an

< S­til­le ge­tui­es is die dik­wels ver­weer­de Fran­se en B­rit­se ko­lo­ni­a­le ar­gi­tek­tuur. Die land het in 1968 on­af­hank­lik ge­word. Dit dien juis as in­spi­ra­sie vir ’n do­ku­men­têr wat Se­an be­plan.

Maar hy is eer­stens ’n ge­sins­man. Maak nie saak hoe be­sig hy is nie, hy is meest­al vyf­uur tuis. Tus­sen vyf en se­we saans heers daar cha­os, al­mal hard­loop en la­waai. As dit no­dig is, werk hy weer na­dat die kin­ders bed toe is. Maar ook nie el­ke aand nie.

Hy staan snags op as Da­niel knies, Car­la vir No­ah. Met twee klein­tjies is vyf en ’n half uur se slaap die mees­te wat hy ge­woon­lik kry. “As jy iets ge­doen wil hê, vra ’n be­si­ge man (of vrou),” spot hy.

Na­we­ke is uit­sluit­lik ge­sins­tyd. Hul­le braai, stap op berg­wan­del­paaie, gaan strand toe, swem en snor­kel. Hy en die seuns speel k­rie­ket in hul groot tuin. Car­la is heel­tyds ma, help soms met film­ses­sies en op an­der plek­ke waar hy haar be­trek.

Die twee oud­stes, Cay­lem en Vaughn, gaan na die We­st­co­ast In­ter­na­ti­o­nal Se­con­da­ry S­chool, met En­gels as voer­taal. Hul­le leer ook daar Frans en Man­da­ryns. Die aan­pas­sing was mak­lik, met so­veel an­der Suid-a­fri­kaan­se kin­ders. In Hout­baai is daar nie ’n A­fri­kaan­se la­er­skool nie. Hul­le het dus na ’n o­pen­ba­re En­gel­se een toe ge­gaan. Die skool­ban­ke met on­der meer kin­ders uit vis­sers- en plak­kers­ge­meen­skap­pe ge­deel. Op Mau­ri­ti­us is dit ’n men­gel­moes van wit, swart, bruin kin­ders; Fran­se, K­re­o­le, Ie­re, Rus­se.

“As hul­le een­dag kies om op die ei­land te bly en werk, sal hul­le nie op grond van kleur be­oor­deel word nie. ’n Toe­koms son­der ras­sis­me kan bou. Dit pla my as ek sien wat in SuidA­fri­ka ge­beur. Ek is hart­seer oor die ras­sis­me wat van al­le kan­te op­bou. Ons wil tog al­mal ons kin­ders in ’n lief­de­vol­le ge­meen­skap groot­maak.”

Die seuns se per­soon­lik­he­de is uit­een­lo­pend. Maar as jy hul­le van kleins af ken, weet jy waar om die streep te trek en waar om skiet te gee. Cay­lem is ’n lei­er, skerp, in­tel­li­gent en praat baie. Hy is ook ’n pe­op­le ple­a­ser wat moet leer jy moet soms din­ge vir jou­self doen, vir jou eie ple­sier. Vaughn is kuns­tig, mu­si­kaal, ’n dro­mer. Al­bei help en speel mooi met die klein­tjies en dit vat baie druk van die ge­sin af. Da­niel is ’n e­ner­gie­ke, be­si­ge bon­del­tjie. Sag teen­oor sy klein­boet, “’n klein har­de­gat met ’n groot hart”. Só ver­tel Se­an.

Hy en Car­la glo aan dis­si­pli­ne, dat ’n kind nie te veel vrye teu­els ge­gee moet word nie. “Ons is s­treng wan­neer no­dig. Ons maak hul­le groot soos ons ou­ers ons groot­ge­maak het, dit het vir ons ge­werk. ’n Pak slae op sy tyd. Maar ook ton­ne lief­de. Soms kan ek te hard en s­treng wees, maar Car­la sorg al­tyd vir die teen­pool met haar sagt­heid en be­sker­men­de hand. Sy is my al­les, sy’s pu­re lief­de . . . Soos jy eg­ter die pad as ou­er stap, leer jy. Ook meer ge­duld.”

In­tus­sen is hy ver­woed be­sig om draai­boe­ke te skryf en nu­we pro­duk­sies te ont­wik­kel. ’n “Bou-fa­se”, noem hy dit. Hul­le werk aan vier Suid-a­fri­kaan­se films en ook ’n paar in­ter­na­si­o­na­le pro­duk­sies. Die suk­ses van Mod­der en Bloed het ’n bie­tjie druk weg­ge­vat. Hy word nie ge­for­seer om een ná die an­der fliek uit te ryg nie, hy kan meer tyd aan ’n pro­duk­sie be­stee. “Men­se vat ons nou meer erns­tig op.”

Mod­der en Bloed het on­der die ti­tel B­lood and Glo­ry die ge­hoor­prys vir bes­te dra­ma by die Se­do­na In­ter­na­si­o­na­le Rol­prent­fees in A­ri­zo­na, A­me­ri­ka, ge­wen. (Dit het on­der

meer mee­ge­ding met The Sa­les­man, wat van­jaar die Os­car as bes­te bui­te­land­se fliek op­ge­raap het.) Én was een van vyf­tien flieks wat ver­le­de jaar na die toon­aan­ge­wen­de Ca­me­ri­ma­ge-film­fees in Po­le ge­nooi is. Saam met tref­fers soos Mel Gib­son se Hack­saw Rid­ge, Li­on (Garth Da­vis) en S­no­w­den (O­li­ver S­to­ne).

By sy skoon­pa het hy baie van die gel­de­li­ke kant van be­sig­heid ge­leer. By sy ou­ers hoe om hard en aan­me­kaar te werk. As daar nie werk is nie, skep jy dit. En hy leer nog el­ke dag. “Vir die in­ter­na­si­o­na­le film­be­dryf moet jy meer weet, dis baie me­de­din­gend.”

Een ding is se­ker, Suid-a­fri­ka het won­der­li­ke sto­ries. Die af­stand laat hom met nu­we oë kyk, gee hom ’n be­ter per­spek­tief. Hoe om ’n sto­rie te ver­tel so­dat dit in­ter­na­si­o­naal ook aan­klank kan vind.

Har­de werk, dis­si­pli­ne, dryf­krag. Ho­pe kre­a­ti­wi­teit. Kom­bi­neer dit en daai gro­te wink vir se­ker.

Sy is my al­les, sy’s pu­re lief­de . . . Se­an oor Car­la

By die see by ou­pa Da­nie en ou­ma Ka­rin Hal­gryn se huis op die ei­land. REGS Se­an en Car­la.

Stap op die see­bo­dem in die sui­de van die ei­land. LINKS BO Saam met die seuns, (van links) No­ah, Vaughn, Da­niel en Cay­lem. LINKS By die Black Ri­ver Gor­ges- na­si­o­na­le park.

VAN LINKS BO Op Ta­ma­rin se strand. Laat­mid­dag is al­mal daar. By Ca­se­la-park. LINKS Car­la, haar ma, Ka­rin Hal­gryn, en ou­pa en ou­ma Ol­ga en A­bie du Mont.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.