PAPPA SE prin­ses

Jy is sy prin­ses, hy jou held. Of nie? Wat as daar­die kos­ba­re band tus­sen jou en jou pa vroeg reeds ge­breek word? Dalk selfs nooit be­staan het nie? ’n Lesersbrief aan SA­RIE laat weer die kol­lig hier­op val

Sarie - - VERHOUDINGS - DEUR LY­DIA VAN DER MER­WE

Dis mos seuns wat ’n pa-fi­guur no­dig het: ’n Po­si­tie­we rol­mo­del wat kon­se­kwent dis­si­pli­ne toe­pas en e­ner­giek saam kan stoei en woel.

Maar soos die lesersbrief ge­tuig, be­ïn­vloed Pa ook sy dog­ter se le­we op ver­ras­sen­de ma­nie­re. On­der meer haar ver­hou­dings met mans: die ge­hal­te daar­van, met wie sy uit­gaan en wan­neer sy die eer­ste keer seks het.

Waar­skyn­lik is jou pa, of an­der man­li­ke ver­sor­ger in jou vroeë le­we, jou eer­ste mo­del van ’n ver­hou­ding met ’n man.

Kin­ders is on­voor­waar­de­lik lief vir hul ou­ers, die om­stan­dig­he­de ten spyt. Hul­le aan­vaar hul ou­ers se lief­de en sorg (of ge­brek daar­aan) as nor­maal. Ons ou­ers leer ons om die le­we en ver­hou­dings te be­na­der – hoe om lief­de te wys en ont­vang, ver­skil­le te han­teer, ge­voe­lens te ver­werk, ens.

En is jou pa e­mo­si­o­neel/fi­siek af­we­sig, re­a­geer jy dalk op die mans in jou le­we soos wat jy op jou ont­wy­ken­de pa re­a­geer het: Soek dalk des­pe­raat in­ti­mi­teit, maar glo ter­self­der­tyd mans kan nie ver­trou word nie. Dus laat jy nooit jou skan­se sak nie, skryf Vic­to­ria Se­cun­da in Wo­men and T­heir Fat­hers: The Sexu­al and Ro­man­tic Im­pact of the First Man in Your Li­fe (Del­ta, 1993). WAT NA­VOR­SING SÊ En ja, na­vor­sing on­der­streep hoe al­ler­be­lang­rik die ver­hou­ding tus­sen ’n pa en sy mei­sie­kind is. Lin­da Niel­sen, skry­wer van Fat­her-daug­h­ter Re­la­ti­ons­hips: Con­tem­po­ra­ry Re­se­arch and Is­su­es (Rout­led­ge, 2012), vat dit in ’n neu­te­dop vas in ’n blog op die web­tuis­te van die A­me­ri­kaan­se In­s­ti­tu­te for Fa­mi­ly Stu­dies (if­stu­dies.org).

As jul band heg was, is die kans be­ter dat jou ver­hou­dings met mans e­mo­si­o­neel in­tiem en ver­vul­lend is. >

< Om­dat jy wy­ser keu­ses maak oor seks en met wie jy ’n ver­hou­ding aan­knoop, is jou hu­we­lik oor die al­ge­meen meer ver­vul­lend en ook meer stand­hou­dend.

Dit hou dalk ver­band daar­mee dat jou ri­si­ko klei­ner is om kli­nies de­pres­sief te raak of ’n eet­af­wy­king te ont­wik­kel, vol­gens die blog. Jy is min­der on­te­vre­de met jou voor­koms en ge­wig. Om­dat jy meer e­mo­si­o­neel sta­biel en ’n ge­son­der gees het, het jy al­ler­han­de vaar­dig­he­de en uit­gangs­pun­te wat ’n meer ver­vul­len­de ver­hou­ding met mans be­te­ken.

Dus kan pa’s ’n ver­rei­ken­de in­vloed op hul dog­ters se le­we – ne­ga­tief en po­si­tief – hê. Om jou le­we te bou en jou­self ten vol­le te ont­wik­kel, moet jy jou ver­hou­ding met hom deeg­lik in o­ën­skou neem. As jy eers ver­staan hoe dié nood­saak­li­ke band jou ge­vorm het, kan jy die uit­da­ging aan­vaar om jou le­we (en jou pa) te aan­vaar. En dan voort­gaan om die vrou te word wat jy wil wees, vol­gens Wo­men and T­heir Fat­hers.

Eers per­spek­tief, sê dr. Ka­ren van Niekerk, siel­kun­di­ge van P­re­to­ria. Moe­nie ver­al­ge­meen nie, ’n af­we­si­ge pa is nie nood­wen­dig al­tyd ne­ga­tief nie. Soms is die om­stan­dig­he­de maar net so. Dit hang ook af van hoe ie­mand dit in­ter­pre­teer. Al­mal wat rook gaan nie long­kan­ker kry nie, daar is bloot ’n ver­band daar­tus­sen. Net so met ’n af­we­si­ge pa.

Die ver­hou­ding tus­sen pa en dog­ter is boon­op meer kom­pleks as net ’n klein sub­sis­teem (pa-dog­ter) bin­ne die ge­sin, vol­gens E­li­ze Mor­kel, siel­kun­di­ge van So­mer­set-wes. “Hoe ou­ers teen­oor me­kaar op­tree, dra by tot of doen af­breek aan kin­ders se ge­voel van ge­bor­gen­heid, hul band met hul ou­ers, en hul hoop op toe­koms­ti­ge suk­ses­vol­le ver­hou­dings.”

Maar ou­ers is nie al­leen daar­voor ver­ant­woor­de­lik nie; groot­ou­ers, ooms en tan­nies, fa­mi­lie­vrien­de, on­der­wy­sers, sport­af­rig­ters en an­der vol­was­se­nes en tyd­ge­no­te kan ook ’n groot rol speel. En by­dra tot die ver­vul­ling van kin­ders se e­mo­si­o­ne­le be­hoef­tes, sê sy. HOE HER­KEN JY JOU­SELF? Die hoof­ken­merk dat jou nie-so-ste­wi­ge ban­de met Pa wel ’n ef­fek op jou le­we het, is dat jy meer sen­si­tief vir ver­wer­ping is, ver­dui­de­lik dr. Van Niekerk. Dit kan lei tot la­er vlak­ke van wel­stand – in jou be­roep, gel­de­lik, fi­siek, al­ge­me­ne ver­hou­dings en hoe jy by die ge­meen­skap in­pas. Jy kan ne­ga­tie­we han­te­rings­me­ga­nis­mes ont­wik­kel: sek­su­eel pro­mis­ku wees (soek aan­vaar­ding; het nie ’n i­den­ti­teit nie, dit maak dus nie saak nie); in­ti­mi­teit ver­my want jy is bang vir ver­wer­ping; jou­self i­so­leer; en/of mid­dels mis­bruik (om goed te voel, of seer te on­der­druk).

Daar is eg­ter ook ’n an­der kant van die saak, sê sy. “Só ’n swak ver­hou­ding kan jou leer hoe be­lang­rik lo­ja­li­teit en deer­nis is en jy ont­wik­kel dit. Jy kan dan sterk ban­de met vrien­de hê, hul­le word soos fa­mi­lie. Jy raak ook vroe­ër vol­was­se en kan ’n sin vir ver­ant­woor­de­lik­heid, lei­er­skap en deur­set­tings­ver­moë ont­wik­kel.” EN AS DIE VER­HOU­DING SO-SO WAS? Dink aan an­der men­se, mans en vroue, met wie jy as kind heg­te ban­de ge­had het en jou waar­deer en ge­niet het, sê E­li­ze. Vra dan: Wat het Ou­ma in my raak­ge­sien? Hoe­kom was dit so lek­ker vir haar as ek kom kui­er het? Waar­oor kon ons twee so heer­lik ge­sels en lag? “Kyk dus na jou­self deur die lens van men­se wat jou goed, vei­lig en ge­liefd laat voel het.”

Vol­gens dr. Van Niekerk is een re­spons op trau­ma om te veg of vlug. Nog een is om uit te reik na an­der. Na­vor­sing wys vroue is meer ge­neig tot laas­ge­noem­de. En hoor hier: As jy tyd vir an­der maak, na hul­le luis­ter en hul­le on­der­steun, han­teer jy trau­ma/seer­kry be­ter. Dit maak jou ook meer weer­baar teen teen­spoed. As jy om­gee vir an­der, ver­an­der jou brein se bi­o­che­mie en jy voel meer vol hoop en moe­dig. Doen dus moei­te om aan an­der te doen wat jy aan jou­self ge­doen wil hê. Ver­an­der só jou kop se in­ge­steld­heid van ’n slag­of­fer na ’n oor­win­naar.

Er­ken jy voel ver­werp en ver­wel­kom dit. Want dit be­te­ken dis vir jou be­lang­rik om te be­hoort, dat men­se vir jou lief is en om self lief te hê. Ge­bruik daar­die ge­voel om nu­we doel­wit­te stel, dit wat jy wíl hê. Soms kan jy nie die ver­hou­ding met jou pa her­stel nie, hy is by­voor­beeld dalk al oor­le­de. Gaan jy toe­laat dat sy op­tre­de die res van jou le­we de­fi­ni­eer? Kyk na pa­re wat vol­gens jou ’n mooi ver­hou­ding het. En stel dan re­a­lis­tie­se doel­wit­te vir jou­self.

E­li­ze sê: “Ons her­skryf die sto­ries van ons te­leur­stel­len­de of selfs trau­ma­tie­se ver­le­de deur nu­we soor­te ver­hou­dings te kies. Jy kan nie jou ou­ers kies nie, maar wel jou le­wens­maat. Jul ver­hou­ding moet jou ster­ker maak en ruim­te gee om te flo­reer. Dis ook jou keu­se hoe jy teen­oor jou maat en kin­ders op­tree en hoe jy daar­die ver­hou­dings de­fi­ni­eer.”

En s­top die bo­se sir­kel só.

Jy kan leer hoe be­lang­rik lo­ja­li­teit en deer­nis is Dr. Van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.