Die vrou as psi­go­paat

Sarie - - BOEKUITTREKSEL -

Tus­sen 5 en 10% – of tot 16% – van reeks­moor­de­naars is vroue, maar dié sy­fers is on­be­trou­baar. Ken­ners meen wel hul ge­tal­le neem se­dert die 1970’s wê­reld­wyd toe. So­wat 1 uit el­ke 6 reeks­moor­de­naars in A­me­ri­ka is ’n vrou.

Van die so­wat 400 tus­sen 1800 en 1995 was 62 vroue. Dit klink min, maar tus­sen daar­die 62 het hul­le tot 600 mans, vroue en kin­ders dood­ge­maak.

Na­der tuis was Dai­sy de Mel­ker pre­sies so een. Haar naam leef nog voort in die SA ge­heue en ’n al­ge­me­ne A­fri­kaan­se uit­druk­king: “Sy lyk soos Dai­sy de Mel­ker.” Met haar woes­te ha­re. ’n Le­li­ke, gie­ri­ge vrou, het Rap­port haar tag­tig jaar ná haar dood be­skryf. “Klou­ag­ti­ge vin­gers, ’n bleek vel, ’n groot bril, ’n mond soos ’n vis en ’n ge­sple­te ver­he­mel­te.” Een van haar eie ad­vo­ka­te het ge­sê: “Sy was walg­lik le­lik, ge­na­de­loos, son­der be­rou en hard­vog­tig.”

Sy was waar­skyn­lik SA se eer­ste reeks­moor­de­na­res. Op die Wi­ki­pe­dia-in­skry­wing “South A­fri­can fe­ma­le se­ri­al kil­lers” is haar naam die e­nig­ste.

Sy het twee van haar mans en haar seun in die 1920’s in Jo­han­nes­burg ver­gif­tig. Vir geld.

Op 30 De­sem­ber 1932 is De Mel­ker ge­hang. Haar regs­kos­te het al haar ba­tes en wat sy van haar mans ge­ërf het, uit­ge­put en sy is in ’n graf vir arm­las­ti­ges be­gra­we. Sy was 46.

Haar der­de man, Syd­ney Cla­ren­ce de Mel­ker, ’n S­pring­bok­rug­by­spe­ler, het deur­gaans in haar on­skuld ge­glo. Wat hy nie ge­weet het nie . . . ná haar te­reg­stel­ling is haar ra­dio ver­koop. Dis vir her­stel­werk ge­neem en bin­ne-in is ’n ver­steek­te koe­vert met ar­seen ont­dek.

Op die koe­vert was ge­skryf: “For de­ar old Syd.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.