Les­ley S­mai­les

OP SA­RIE.COM

Sarie - - OM TE LEES -

oor haar dra­ma­tie­se boek, Cult Sis­ter (Tafelberg, R225), waar­in sy haar le­we in ’n A­me­ri­kaan­se sek­te be­skryf

Toe jy SA ver­laat het, was jou ma se raad moe­nie trou of by ’n sek­te aan­sluit nie. Tog is dit wat jy ge­doen het?

Toe ek die groep ont­moet het, het ek nie ge­weet dis ’n sek­te nie. Ek het ge­hou van hul leef­wy­se en stil ma­nier en hoe vu­rig hul­le was om hul le­we vol­gens By­bel­se stan­daar­de te vorm. Wat my ge­help het om die hu­we­lik met ’n vreem­de­ling te han­teer, was dat ek so jonk was, met ’n lus vir a­von­tuur en ’n be­geer­te om mo­reel op te tree. Die sus­ters se ge­sel­skap het by­ge­dra om dié on­ge­mak­li­ke si­tu­a­sie waar­in ek my be­vind het, te ver­wa­ter.

Wat­ter rol het jou on­stui­mi­ge tie­ner­ja­re in jou aan­ge­trok­ken­heid tot die sek­te ge­speel?

’n Groot een. Ek het dit waar­deer dat die mans in die groep nie eens na my ge­kyk het nie en die or­de in die kerk was aan­lok­lik. Dit het ge­help dat ek sta­biel en ge­bor­ge ge­voel het. Die sus­ters se goed­har­tig­heid en ver­stan­dig­heid het my “hard­vog­ti­ge” self ver­sag en ek wou soos hul­le wees.

Was dit e­mo­si­o­ne­le aan­vaar­ding, of wou jy jou wil­de jon­ger self straf?

Ek dink nie ek het aan­ge­sluit om my­self te straf nie. Ek was moeg vir die e­mo­si­o­ne­le ba­ga­sie wat ek vir ja­re rond­ge­sleep het. Ek wou oor­be­gin en die leer van Chris­tus het my aan­ge­moe­dig: “Kom na My toe, jul­le al­mal wat moeg is en swaar las­te moet dra, en Ek sal jul­le le­wens ver­kwik . . .” Ek het die “nu­we le­we” aan my ge­bied, aan­ge­gryp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.