Fout­lo­se win­ter-on­der­laag

In die win­ter­maan­de lyk jou on­der­laag skie­lik swaar en kra­ke­rig. Met dié mak­li­ke on­der­laag­wen­ke kan jy gou weer met ’n vlek­lo­se vel spog

Sarie - - SKOONHEID -

1. Ver­ruil jou mat- of poei­er­on­der­laag vir ’n se­rum-on­der­laag Se­rum-on­der­lae bied nie net sy­sag­te be­dek­king nie, maar be­vat ook ’n meng­sel van ak­tie­we be­stand­de­le wat jou vel be­vog en dit plomp en stra­lend laat lyk, son­der dat dit “aan­ge­plak” op jou vel voel. As jy ’n o­lie­ri­ge vel het, kies een met ’n o­lie­vrye for­mu­le wat steeds be­vog­ti­gend is.

2. Dra ’n be­vog­ti­gen­de ge­sig­s­proei in jou hand­sak saam Ge­du­ren­de die koue maan­de is ’n be­vog­ti­gen­de ge­sig­s­proei ’n móét-hê-pro­duk, ver­al as jy baie tyd in ’n om­ge­wing met ’n ver­war­mer of lug­ver­sor­ging deur­bring, sê dr. Ju­a­ni­ta Ki­li­an, pro­duk­ont­wik­ke­ling-spe­si­a­lis van Ni­mue. Spuit dit aan net voor­dat jy jou on­der­laag aan­wend om as ’n be­vog­ti­gen­de ba­sis­laag te dien. Gooi dit dan in jou hand­sak om jou vel deur die dag te ver­fris en te be­vog.

3. Be­lê in ’n gri­meer­spon­sie ’n Ge­ïr­ri­teer­de vel kan dik­wels fyn, droë vlok­kies vorm so­dra jy jou on­der­laag aan­wend. Die o­plos­sing? Ge­bruik ’n klam gri­meer­spon­sie en moe­nie die on­der­laag in jou vel in­vryf nie. Tik dit net lig­gies op jou vel aan vir ’n glad­de af­wer­king.

4. Pro­beer on­der­laag­drup­pels Is jou guns­te­ling-on­der­laag skie­lik te don­ker vir jou vel? In die win­ter is jou ge­laats­kleur ge­neig om rooi­er of ble­ker te raak as ge­volg van ek­ster­ne fak­to­re soos min­der son­bloot­stel­ling, wind en koue. Ge­luk­kig kry jy dees­dae on­der­laag­drup­pels wat jy by jou vloei­ba­re on­der­laag kan meng om die ska­ke­ring lig­ter of don­ker­der te maak. Ge­woon­lik werk ’n lig­ter on­der­laag­ska­ke­ring vir die win­ter.

2 3 1. Dié on­der­laag het ’n in­ge­bou­de spon­sie om die pro­duk mee te ska­keer – Estée Lau­der Dou­ble We­ar Nu­de Cus­hi­on S­tick Ra­di­ant Makeup (R480) 2. Die vi­ta­mien C in E­li­za­beth Ar­den P­re­va­ge An­ti-a­ging Foun­da­ti­on SPF 30 PA++ (R650) help om jou vel hel­der­der te laat lyk 3. Die lig­te for­mu­le van Max Fac­tor Las­ting Per­for­man­ce Long Las­ting Ma­ke-up (R196) gee ’n na­tuur­li­ke af­wer­king. By C­licks 4. Ge­bruik May­bel­li­ne Su­per­stay 24 Makeup-locking Set­ting S­pray (R150) om jou g­ri­me­ring heel­dag vars te hou 5. Met dié on­der­laag­drup­pels kan jy jou on­der­laag lig­ter of don­ker­der kleur – The Bo­dy S­hop Dar­ke­ning of hul Lig­h­te­ning S­ha­de Ad­jus­ting Drops (R300 elk)

1

5

4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.