BE­HAN­DE­LING VAN DIE MAAND

Af­skil­fe­ring vir mooi han­de

Sarie - - SKOONHEID -

’n Diep-af­skil­fe­rings­be­han­de­ling ( peel) hou baie voor­de­le vir jou vel in: Dit kan ’n grow­we teks­tuur, ver­stop­te po­rieë en ak­nee ver­be­ter. Ty­dens so ’n af­skil­fe­ring word ’n pro­duk met ’n hoë kon­sen­tra­sie su­re ge­bruik om ’n aan­tal lae van jou vel te ver­wy­der. Jou vel lyk dus on­mid­del­lik glad­der en hel­der­der. Hoe ho­ër die kon­sen­tra­sie su­re in die pro­duk, hoe die­per werk dit in jou vel, en kan selfs lyn­tjies, son­ska­de en pig­men­ta­sie ver­min­der.

So ’n diep-af­skil­fe­rings­be­han­de­ling kan ook jou han­de jon­ger laat ver­toon. As jy, soos ek, bloot net jou han­de glad en sag wil hou en ver­ou­de­ring wil ver­traag, kan jy ’n be­han­de­ling kies wat net die boon­ste lae van jou vel ver­wy­der. Der­ma­ceu­tic se Milk Peel, wat ek on­langs by vel­sorg­ken­ner So­net­te Don­ker se kli­niek S­kin ID in Jo­han­nes­burg ge­toets het, be­vat ’n kom­bi­na­sie van gli­ko­lie­se, mel­ken sa­li­siel­suur wat vir so­wat tien mi­nu­te aan bly voor dit af­ge­was word. Dit ver­wy­der net die boon­ste lae van jou vel en ná ’n dag of twee skil­fer jou han­de lig­gies af. ’n Week la­ter is die vel sag en glad. Jy kan dit so el­ke 4-6 we­ke laat doen. Ont­hou net om daag­liks son­skerm aan jou han­de te smeer om­dat die af­ge­skil­fer­de vel son­sen­si­tief is.

Vir don­ker vlek­ke en ’n grow­we teks­tuur kan jy vir ’n reeks be­han­de­lings gaan wat die­per werk, sê So­net­te. Jou han­de sal dan vir ’n paar dae af­skil­fer, maar jy sal vin­nig re­sul­ta­te sien. Prys vir Der­ma­ceu­tic Milk Peel: So­wat R775. Be­soek www.ski­nid.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.