Re­dak­teurs­brief

Sarie - - Inhoud -

Hoe klink len­te?

Ver­le­de jaar was daar die A­fri­kaan­se rol­prent Sy Klink Soos Len­te. Die sto­rie van ’n man wat mu­siek in­span om die hart van ’n vas­be­ra­de jong vrou te wen. Die mooi ti­tel het die ge­dag­te ge­plant, ja, hoe sóú len­te klink? Ons weet hoe dit lyk, voel en ruik, maar klink?

Ek ont­hou ’n mid­dag in Jo­han­nes­burg toe ek van die werk af op pad was huis toe. Mo­tors wat voort­kruip, ’n son wat laag sit, en my tam­heid ná ’n lang dag. Skie­lik, so as­of uit die niet, hoor ek fyn, be­to­we­ren­de klan­ke wat bo die ge­druis van die ver­keer uit­styg. On­mis­ken­baar dié van ’n pen­nie­fluit­jie. Daar­die klank wat aan jou hart raak en praat met jou siel.

Dan sien ek die lied­jie­ma­ker. Met die lang ry mo­tors af stap hy, ’n en­kel­fi­guur toe­ge­vou in die stof­stra­le van ’n o­ran­je son. Met sak op die rug, hoed op die kop en vin­gers wat toor met die fluit in sy han­de. Ek dink aan Man­go Groo­ve se “S­pe­ci­al S­tar” waar­in dié fluit die eint­li­ke ster is. Dít is vir my die klank van A­fri­ka, maar dalk is dit ook hoe len­te klink? Lig, vro­lik, ge­luk­kig, no­te wat trip­pel van vreug­de . . .

On­langs lees ek ’n stuk­kie wys­heid van die En­gel­se dig­ter Anne Brad­street: “Son­der win­ter sou len­te nie so aan­ge­naam ge­wees het nie. Son­der swaar tye sou goeie tye nie so wel­kom ge­wees het nie . . .”

Die af­ge­lo­pe maan­de was dit waar­lik win­ter in ons land: In groot de­le het dam­me leeg ge­bly on­danks bib­ber­weer, en wa­ter­nood sal vo­ren­toe een van ons groot uit­da­gings wees. Ons beeld­sko­ne Tuin­roe­te het die angs en hart­seer van ver­woes­ten­de bran­de er­vaar, en po­li­ties het die son kwa­lik sy ge­sig ge­wys met die we­te dat die land nie net in die wurg­greep van kor­rup­sie is nie, maar dat staat­skaping ’n werk­lik­heid is. E­ko­no­mies voel ge­wo­ne Suid-a­fri­ka­ners dit ál meer aan hul sak­ke. SA se rom­mel­sta­tus is ’n feit, en vir mil­joe­ne in ons land is die voor­uit­sig van werk skaars ’n moont­lik­heid.

Ve­le aan­de het ek in die don­ker en koue na my mo­tor in Kaap­stad ge­stap. En die wel­ko­me klan­ke van ’n sax­o­foon ge­hoor wat bo die ge­druis van die laat­aand-ver­keer sweef. Dan het ek straat­af ge­kyk en die mu­siek­ma­ker in die dow­we gloed van ’n straat­lig sien staan. Sy hoed op die se­ment­sy­paad­jie voor hom, sy han­de ge­vou om die in­stru­ment wat die stre­len­de klan­ke voort­bring. Dís sy le­wen­s­pas­sie, het hy vir my ge­sê. So­veel ke­re het ek net daar vir ’n ruk­kie teen my mo­tor bly staan en luis­ter . . . vir my be­ken­de groot­word­lied­jies en on­teen­seg­lik die harts­klank van Kaap­stad. Dalk is dít hoe len­te klink? Ro­man­ties, hoop­vol, no­te wat meer­ma­le ver­ras­send nuut op me­kaar volg.

Dis die ding van sei­soe­ne en die le­we: geen win­ter hou vir e­wig nie, en len­te en haar #bloei­sels sal nooit hul beurt laat ver­by­gaan nie. Ons is slim as ons die les­se van ons win­ters ge­bruik om len­te met ’n lig­ter hart te groet. Om hoop en ge­luk wéér ’n kans te gee. Dís soos len­te klink . . .

Tot ons weer ge­sels wan­neer ons Ok­to­ber-uit­ga­we, met SARIE Voorbladgesig 2017 op die voorblad, van­af 18 Sep­tem­ber op die rak is. Kyk op bl. 28 in dié uit­ga­we hoe lyk ons 10 fi­na­lis­te – on­langs ge­fo­to­gra­feer deur SARIE se A-span. Hoe mooi!

Son­ne­blom­dag (eers Ban­da­na-dag) is ’n goeie dag. Van­jaar vier ons dit op 15 Sep­tem­ber en jy kan ’n nek­band of To­pe (“Tu­be of Ho­pe”) koop om jou on­der­steu­ning te wys vir men­se wat teen chro­nie­se bloed­siek­tes soos leu­ke­mie stry. Be­ken­des soos Bok­spe­ler Siya Ko­li­si en a­von­tu­rier Ri­aan Man­ser on­der­steun dié goeie saak. The Sun­flo­wer Fund, ’n nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie, be­y­wer hom om men­se be­wus te maak van die SA Been­murgre­gis­ter en die feit dat die sken­king van stam­sel­le net dalk ie­mand se le­we kan red. Kon­tak hul­le tol­vry by 0800 121 082. Vir meer: www.sun­flo­wer­fund.org.za En koop ’n To­pe teen R25 by e­ni­ge Pick n Pay of aan­lyn by Zan­do.

Sien in­houds­blaaie oor ons A­fri­kaan­se Woord van die Maand #bloei­sel

Gaan ook na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.