Jul­le sê

Al­tyd ’n Ka­roo-kind

Sarie - - Inhoud - MARA BINEDELL, MONTE VISTA Ma­rin­da van Wyk

My Car­nar­von-broer was sy le­we lank ’n Ka­roo-kind, hy’t die grond ge­a­sem en ge­le­we. Op sy groot erf met al­le soor­te vrug­te­bo­me het hy nou­ge­set oor die ver­sor­ging daar­van ge­heers, die sei­soe­ne en die maan se uit­gooi of skep het hom ge­lei. Hy het ge­snoei, soms net te­rug­ge­snoei, ge­spuit en be­mes en uit die sink­dam stip­te­lik saans nat­ge­lei. Die ap­pel­koos­boom by die voor­stoep het jaar ná jaar met sy drag grond toe ge­druip en sy bot­tels met kon­fyt het goud ge­kaats. By die ag­ter­deur het die a­dams­vy on­der sy wa­ken­de oog sy pers vrug­gies uit­ge­stoot. Die gra­naat­hei­ning met sy ro­byn­rooi pit­te en don­si­ge bor­rie­kwe­pers het mil­de­lik aan hom te­rug­ge­gee.

Toe kom ver­an­der siek­te als en hy groet sy Ka­roo vir ’n klam en mis­ti­ge Suid-kaap­se dorp. Ek hou my hart vas, want wat nou?

En op ’n dag na­dat die che­mo en be­stra­ling ver­by is, kry ek ’n fo­to . . . ’n bon­sai-boom­pie . . . en nog een en nog een . . .

Sy snoei­skêr het plek ge­maak vir ’n de­li­ka­te skêr­tjie en tan­ge­tjie, en die graaf en pik vir ’n pop­speel-twee­tand­vur­kie. Die wind­pomp met sy sil­wer straal wa­ter vir ’n pi­kan­te gie­ter­tjie, en die breë lei­vo­re vir styl­vol­le er­de­bak­kies, ys­ter­klip vir fy­ne wit klip­pies. En met pre­si­sie word elk­een ge­merk: wil­de­o­lyf, wita­pies­do­ring, Pi­so­nia gran­dis, ko­raal . . . met die da­tums daar­by.

Hy hoef nie meer die C­li­max-wind­pomp vas of los te maak nie . . . Ja, hy het al­le re­de ge­had om te gaan lê, maar hy het nie. Langs die rak van ’n ru­we stuk ka­ree­hout­stomp met sy 71 boom­pies op staan ’n klein wind­pom­pie met sy ge­sig ver­be­te na die wind en die son ge­draai. Nes my Wil­lie-broer, na die hoop en na die le­we toe!

So hart­seer – en die “ou­men­se” wat doe­rie ja­re ge­sê het jy sterf aan ’n ge­bro­ke hart was toe reg. Mens be­sef nou eers die om­vang van stres op die lig­gaam.

IN­SPI­RA­SIE VAN DIE MAAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.