Ku­ber­kui­er: Van­cou­ver-ei­land, Ka­na­da

Ná vyf jaar op pas­sa­sier­ske­pe waar­in Da­niel­le Jack­son 33 lan­de ge­sien en haar man ont­moet het, is sy nou tuis in Ka­na­da

Sarie - - Inhoud - DEUR LIESEL PIE­NAAR

Jy is oor­spronk­lik van Ro­bert­son in die Kaap en woon die af­ge­lo­pe vyf jaar op Van­cou­ver-ei­land in Ka­na­da. Was dit ’n groot aan­pas­sing?

Al­les was ’n taam­li­ke aan­pas­sing, maar dis ’n won­der­li­ke, vei­li­ge en mo­der­ne land om jou kin­ders in groot te maak. Die moei­lik­ste was dalk om nu­we vrien­de te maak. Vir hier­die boe­re­mei­sie van Ro­bert­son was dit ook ’n heel an­der sto­rie om in die sneeu te ry. Ek moes van voor af vir my ry­be­wys gaan en het dit die eer­ste keer ge­dop! Voorts is sko­le en me­dies gra­tis hier, en dit het my se­ker die mees­te stom­ge­slaan.

Dit mot­re­ën soms dae aan­een by­na agt maan­de van die jaar – van mid­del Sep­tem­ber tot Mei. Die so­mer is taam­lik warm (so 25-30 °C), en al is hier baie wa­ter, vat nie­mand kan­se nie en wa­ter­be­per­kings word jaar­liks in dié tyd in­ge­stel. E­ni­ge braai­vleis­vu­re in die na­tuur is dan ook ver­bo­de. Jy kan ’n boe­te van tot $500 (so R6 000) op­dok as jy die re­ëls oor­tree!

Jy het eers op ’n skip ge­werk voor­dat jy jou in Ka­na­da ge­ves­tig het . . .

My ou­ers het ons al­mal aan­ge­moe­dig om ná ons stu­dies oor­see

te gaan voor ons ons in Suid-a­fri­ka ves­tig. My twee ou­er sus­ters was vir ’n jaar of twee in En­ge­land en S­kot­land en my jon­ger broer op ’n wyn­plaas in S­wit­ser­land. Ek het be­sluit om op ’n pas­sa­sier­skip te gaan werk en het in die vyf jaar by Roy­al Ca­rib­be­an In­ter­na­ti­o­nal al die Ka­ri­bie­se ei­lan­de ge­sien, Alas­ka, die Pa­na­ma-ka­naal, Suid-a­me­ri­ka en die Mex­i­kaan­se Ri­vie­ra. Al­te­sa­me 33 lan­de. Dit was be­slis ’n be­le­we­nis!

Toe ont­moet jy jou man op die skip. Ver­tel ’n bie­tjie meer van jou ge­sin?

My man is in En­ge­land ge­bo­re, maar sy fa­mi­lie het na Ka­na­da ge­ë­mi­greer toe hy vier jaar oud was. Ons het saam op die skip Ra­di­an­ce of the Se­as in Alas­ka ge­werk. Na­dat hy vir my in Suid-a­fri­ka kom kui­er het en nog­al my pa se toe­stem­ming in A­fri­kaans ge­vra het, het ons ver­loof ge­raak en in 2010 op ’n wyn­plaas bui­te die Paarl ge­trou. Ons het drie kin­ders wat al­mal in Ka­na­da ge­bo­re is: Oa­ken, my stief­seun (11), ons seun Ta­tum (4) en ons dog­ter, Mié­ka (2). Tus­sen ons vyf het ons drie ver­skil­len­de pas­poor­te.

Jou man is ’n ma­ri­ne in­ge­ni­eur, wat­ter werk doen jy in Ka­na­da?

Na­dat ons hier aan­ge­kom het, het ek vir ’n maat­skap­py ge­werk wat vir kan­di­da­te in die o­lie-/myn­be­dryf in Ka­na­da en A­me­ri­ka werk soek. Ek werk nie tans nie, want met twee kin­ders wat nog nie in die skool is nie en dag­sorg wat bit­ter duur is – R8 000 tot R10 000 per kind per maand – is dit nie die moei­te werd nie.

Jy het groot­ge­word op ’n wyn­plaas. Hoe ver­ge­lyk die Ka­na­de­se wy­ne met dié van Suid-a­fri­ka?

Hier is be­slis ’n baie klei­ner ver­skei­den­heid wy­ne. Maar niks kom vir my by ’n SA wyn nie, so ek koop steeds my Ro­bert­son Wi­ne­ry en Ne­der­burg in die Suid-a­fri­kaan­se af­de­ling! Hier is ook baie min von­kel­wyn – die een ding waar­voor ek my oog­tan­de sal gee. Ek mis my JC le Roux en Van Lo­ve­r­en Blush.

Jul­le bly op die dor­pie Na­nai­mo. Hoe­kom juis daar?

Om­dat Ho­ward ’n ma­rie­ne in­ge­ni­eur is, moet ons na­by die see en ske­pe of veer­bo­te woon. Hy werk tans vir BC Fer­ries wat pas­sa­siers tus­sen Van­cou­ver-ei­land en Van­cou­ver neem. Die veer­boot is 160 m lank en ses ver­die­pings hoog, weeg 10 000 ton en kan 310 mo­tors en 1 600 pas­sa­siers ver­voer. So dit is re­de­lik groot! Dit duur so ’n uur en 40 mi­nu­te om die vas­te­land met die veer­boot te be­reik.

Jy praat A­fri­kaans met jou kin­ders. Hoe­kom nie En­gels of Frans nie?

Ek kan nie Frans praat nie. Dit is een van Ka­na­da se lands­ta­le, maar hul­le praat dit meer aan die oos­kus. Hier aan die wes­kus hoor jy meest­al net En­gels, met ’n paar sko­le met Frans as vak. Dit is moei­lik om vir so ’n skool aan­soek te doen en ek het be­sluit om my kin­ders die ge­leent­heid te gee om drie ta­le te kan praat. Dus praat ek meest­al net A­fri­kaans met hul­le en hoef hul­le nie soos bui­te­stan­ders te voel wan­neer ons in Suid-a­fri­ka gaan kui­er nie. Ek is trots Suid-a­fri­kaans en hoop om hul­le so­veel as moont­lik van ons taal en kul­tuur te leer.

Jou fa­mi­lie is ver, hoe ge­reeld sien jul­le me­kaar?

Ons pro­beer om el­ke twee jaar in Suid-a­fri­ka te gaan kui­er, maar dit is baie duur en ver met klein kin­der­tjies. Van ons huis is dit ’n half­uur se ry tot by die veer­boot, daar­na twee uur met die veer­boot na Van­cou­ver, nog ’n half­uur lug­ha­we toe. Van Van­cou­ver na Lon­den is jy ne­ge uur in die lug, dan moet ons ge­woon­lik vyf uur wag vir ’n aan­slui­tings­vlug van elf en ’n half uur na Kaap­stad, en dan is dit nóg twee uur se ry plaas toe! Ons het een keer met ’n stop­hor­lo­sie 36 uur van deur tot deur ge­tel.

My ma pro­beer ook el­ke twee jaar hier­heen kom as dit win­ter is in die Kaap. Dan land sy reg vir ’n so­mer­va­kan­sie by ons.

Ons is da­rem be­voor­reg om te kan ge­sels op Fa­ce­ti­me en Sky­pe of ons kan w­hat­sapp, maar met die tyd­ver­skil van ne­ge uur staan een van ons op ter­wyl die an­der gaan slaap.

Daar is baie Suid-a­fri­ka­ners in Ka­na­da. Kom jul­le soms by­me­kaar?

Hier is heel­par­ty ge­sin­ne (meest­al dok­ters) wat al ja­re hier woon. Ons vind me­kaar maar so in die kerk of deur vrien­de. Wan­neer die B­lits­bok­ke Van­cou­ver toe kom, on­der­steun ons hul­le, woon saam T­heuns Jor­daan, S­te­ve Hof­meyr of Kurt Dar­ren se kon­ser­te by, en hou ge­reeld ’n braai as ons kan. Hier is ook ’n win­kel of twee wat ’n klein ver­skei­den­heid SuidA­fri­kaan­se krui­de­niers­wa­re ver­koop, soos Mrs Ball’s-blat­jang, bil­tong, Ro­bert­son-spe­se­rye, Mar­mi­te en Ou­ma se Be­skuit, en ons sal al­tyd die ek­stra geld span­deer om dit te koop.

Ek en my ma, Pe­tro, by die meer Lou­i­se in die Ban­ff Na­si­o­na­le Park.

LINKS BO Ho­ward, Ta­tum en Oa­ken met hul bran­der­plan­ke by Long Be­ach, Tof­i­no, aan die wes­te­kant van die ei­land. Die wa­ter hier is on­ge­loof­lik koud! BO Van­cou­ver-ei­land het tal­le me­re. Hier is ons by die S­pro­at-meer met baie va­kan­sie­hui­se in die a­rea. LINKS Ek en Ho­ward toe ons op die pas­sa­sier­ske­pe ge­werk het. Die Al­lu­re of the Se­as was toe die groot­ste in die wê­reld.

Ta­tum en Mié­ka ge­niet die sneeu.

Braai saam met Suid-a­fri­kaan­se vrien­de.

Da­niel­le Jack­son

Ver­tel ons daar­van! Stuur e-pos na pie­ter.hugo@sarie.com

BO LINKS By een van die wed­stry­de van die B­lits­bok­ke in Van­cou­ver. BO MID­DEL ’n Nu­we­jaars­braai saam met Suid-a­fri­ka­ners. Ons hou ons dran­kies som­mer koud in die sneeu! BO REGS Oa­ken (11), Ta­tum (4) en Mié­ka (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.