Ge­troud nie al­tyd goed vir jou?

Dis mos al­leen­lo­pers wat ons sim­pa­tie moet kry. Maar wat as ons dit ag­ter­ste­voor beet het, dat dit ge­trou­de vroue is wat die spit moet af­byt?

Sarie - - Inhoud - DEUR LYDIA VAN DER MER­WE

B­rid­ge­tJo­nes, sy met die ap­pel­wan­ge en -bou­de, het as die wê­reld se be­kend­ste “sing­le­ton” ’n lan­sie vir en­kel­lo­pers ge­breek.

Of het sy? In die 2001-fliek B­rid­get Jo­nes’s Di­a­ry be­ween sy dié sta­tus luid. So ook haar kur­wes, hoe­veel sy rook, en kan sy net-nog-een-gla­sie-wyn-dr­ink­of-gaan-dit-te-veel-wees?

Mos die tra­di­si­o­ne­le sie­ning van ’n al­leen­lo­per: bie­tjie meer al­leen, bie­tjie min­der ver­vuld as ge­trou­des. Want is dit nie al­mal se droom om te trou nie? En daar­om moet jou le­wens­ge­hal­te nood­wen­dig la­er wees as dit nie ge­beur nie.

Hoe­kom is daar dan meer on­ge­trou­de vroue as ooit? In A­me­ri­ka vorm hul­le ’n groei­en­de, mag­ti­ge en be­lang­ri­ke stem­blok. Voeg on­ge­trou­de mans by en dis ’n groot hap van die sa­me­le­wing, vol­gens Re­bec­ca Trai­ster in All the Single La­dies: Un­mar­ried Wo­men and the Ri­se of an In­de­pen­dent Na­ti­on (Si­mon & S­chus­ter, 2016).

Plaas­lik is ons nou wel al­tyd ef­fens ag­ter die A­me­ri­kaan­se tendense. Maar al­mal ken een, twee of meer vroue wat nooit ge­trou het nie. En ’n vol le­we lei. Nie al­mal het ’n strop om die nek teen die tyd dat hul­le 30, 40 of selfs 50 is nie – som­mer nou die dag nog ’n taam­li­ke on­or­to­dok­se i­dee.

Na­vor­sing wys ál meer dat al­leen­lo­pers e­mo­si­o­neel en fi­siek glad nie so ho­pe­loos vaar nie, sê die A­me­ri­kaan­se so­si­o­loog dr. Bel­la De­pau­lo. As al­leen­lo­per het sy ge­voel sy word “an­ders” be­han­del. En vas­ge­stel an­der on­ge­trou­des voel net so. Die eind­pro­duk was twee de­ka­des se na­vor­sing en ’n boek, Sing­led Out: How Sing­les Are S­te­re­oty­ped, Stig­ma­ti­zed, and Ig­no­red, and Still Li­ve Hap­pi­ly E­ver Af­ter (St. Mar­tin’s G­rif­fin, 2007).

Aan­vaar­de mi­tes oor die hu­we­lik ver­oor­saak on­no­di­ge ska­de, sê sy. Soos dat dit mi­se­ra­be­le, krank­li­ke men­se trans­for­meer in ge­luk­ki­ge, bla­kend ge­son­de hu­we­liks­maats. “Dis ne­ga­tief vir al­leen­lo­pers om­dat hul­le glo daar is iets ver­keerd met hul le­we. Selfs al be­sef hul­le op ’n se­ke­re vlak dalk hul­le wil nie trou nie. Dis ook sleg vir ge­trou­des. Want al is hul­le in ’n ne­ga­tie­we ver­hou­ding, dink hul­le steeds: ‘As ek al­leen is, is ek dalk selfs on­ge­luk­ki­ger.’”

Wel, mis­kien ma­er­der. Men­se wat nooit ge­troud was nie, of ge­skei is, se lig­gaams­mas­sa-in­deks (LMI) is min­der en hul bloed­druk la­er as ge­trou­des s’n, vol­gens ’n nu­we stu­die in die A­me­ri­kaan­se Jour­nal of Wo­men’s He­alth. Die stu­die sluit net ou­er vroue in. Maar ’n oor­sig van 20 stu­dies oor ver­an­de­rin­ge in hu­we­lik­sta­tus en ge­sond­heid (mans en vroue) het oor die al­ge­meen die­self­de be­vind: Trou jy, is die kans goed dat jy ge­wig aan­sit. Skei jy, ver­loor jy ge­wig (A­me­ri­kaan­se Jour­nal of O­be­si­ty). (Sien ook kas­sie op bl. 110.)

Daar is eg­ter nie juis ’n ver­skil tus­sen ge­trou­des en on­ge­trou­des se ge­sond­heid nie. Dis ge­skei­des wie se ge­sond­heid ge­knou word, vol­gens nog A­me­ri­kaan­se na­vor­sing.

Al hoe meer stem­me gaan op dat trou be­slis nie die e­nig­ste pad na

self­ver­vul­ling is nie. “Wo­men pay most for the dre­am of mar­ria­ge,” sê Ter­ri Hil­mey, A­me­ri­kaan­se span­nings­ver­haal­skry­wer en self ge­troud met twee kin­ders, op TED Talks (www.ted.com, in­vloed­ry­ke vi­deo’s van kun­di­ges).

Dit is so dat ge­trou­de vroue meer bal­le ge­lyk in die lug moet hou. Maar om al­le ge­trou­de vroue in ’n groep te plaas en te e­ti­ket­teer as meest­al “ge­luk­kig” of “on­ge­luk­kig” hou nie wa­ter nie. Die­self­de geld vir on­ge­trou­des, vol­gens dr. Han­ne­tjie van Zyl-e­de­ling, siel­kun­di­ge van Jo­han­nes­burg, wat ook as di­eet­kun­di­ge ge­prak­ti­seer het. Daar is nie een re­ël wat deur­lo­pend vir die groe­pe geld nie.

NET ’N BIE­TJIE LIEF­DE

Jas­mi­na Na­j­jar is ’n joer­na­lis wat on­der meer oor so­si­a­le dis­kri­mi­na­sie skryf. Toe sy van Lon­den na Li­ba­non, Bei­roet, trek, het sy haar skie­lik be­vind in ’n sa­me­le­wing waar die ra­tio mans tot vroue 1:5 is. Met vroue so­veel in die meer­der­heid is daar baie al­leen­lo­pers. Jy moet dus iets an­ders vind wat jou ge­luk­kig maak, bui­ten die hu­we­lik, sê sy op TED Talks.

Ons weet bo­wen­dien die hu­we­likspad is al­ler­mins met ro­se be­saai.

Rol­pren­te, pop­lied­jies, staats­be­leid en so­si­o­loë skryf voor ons moet trou, want “lo­ve is all you need”. Die mens het eg­ter ’n be­hoef­te aan meer, vol­gens Lau­rie Es­sig en Lynn O­wens, A­me­ri­kaan­se so­si­o­loë, op die web­tuis­te The Chro­ni­cle of Hig­her E­du­ca­ti­on (www. chro­ni­cle.com). ’n Ver­bin­te­nis aan ’n gro­ter net­werk (ge­meen­skap, plek). En ’n doel­wit bo en be­hal­we ons pri­mê­re sek­su­e­le ver­hou­ding.

Daar is in­der­daad baie soor­te lief­de, nie net vir ’n maat nie, be­aam dr. Van Zyl-e­de­ling. Ook vir jou kin­ders, fa­mi­lie, die ge­meen­skap, na­tuur. En an­der din­ge wat be­lang­rik is: ou­to­no­mie, ’n doel­wit, ’n le­we met be­te­ke­nis. Só het ’n A­me­ri­kaan­se stu­die met non­ne be­vind hul­le flo­reer. Want hul­le is be­trok­ke by hul kerk­groe­pe en vind baie be­vre­di­ging in vry­wil­li­ge ge­meen­skaps­werk.

Ons is ui­ter­aard so­si­a­le we­sens en ons bes­te le­wens­les­se en per­soon­li­ke groei kom van­uit ons ver­hou­dings met an­der, sê sy. Soos die Be­at­les sing: (Do you need a­ny­bo­dy?) I just need so­meo­ne to lo­ve (Could it be a­ny­bo­dy?) I want so­mebo­dy to lo­ve Oh I get by with a litt­le help from my friends Dis ook nie net on­ge­trou­des wat so­si­aal moet woe­ker nie. Ge­trou­de pa­re is dik­wels meer ge­ï­so­leer as al­leen­lo­pers, sug­ge­reer ’n A­me­ri­kaan­se stu­die in die Jour­nal of Mar­ria­ge and Fa­mi­ly. Men­se wat nooit ge­troud was nie, bring by­voor­beeld meer tyd saam met hul ou­ers en vrien­de deur.

Daar­die hui­sie in die voor­ste­de kan ’n een­sa­me plek word. Vol­gens ’n na­si­o­na­le A­me­ri­kaan­se pei­ling wat in die se­wen­tigs af­ge­skop het, is ons min­der as ooit ge­neig om vrien­de met ons bu­re te wees. (Die­self­de geld waar­skyn­lik plaas­lik.)

< Al­leen­lo­pers ver­breek die pa­troon en so­si­a­li­seer oor die al­ge­meen meer met vrien­de en bu­re, help en on­der­steun hul­le, vol­gens dr. De­pau­lo.

Wat ook al jou hu­we­lik­sta­tus, jy moet op so­si­a­le vlak be­lê om jou wel­stand le­wens­lank te ver­se­ker. ’n “So­si­a­le por­te­feul­je” hê, nes ’n fi­nan­si­ë­le een, stel dr. Ge­ne Co­hen, A­me­ri­kaan­se ge­ron­to­loog, voor. Vroue in­ves­teer dik­wels in hul kin­ders, maar hul­le kan oor­see gaan woon. Dis dus ook nie al­tyd die ant­woord nie, voeg dr. Van Zyl-e­de­ling by.

Dr. Co­hen stel voor ons ver­deel ons “so­si­a­le por­te­feul­je” in vier groe­pe en ont­wik­kel be­lang­stel­lings in elk­een.

E­ner­gie­ke ak­ti­wi­tei­te saam met an­der: soos sport, reis.

E­ner­gie­ke ak­ti­wi­tei­te al­leen: tuin­maak, stap in na­tuur.

Min­der e­ner­gie­ke ak­ti­wi­tei­te met an­der: toe­skou­er-sport, kui­er, so­si­a­le me­dia.

Min­der e­ner­gie­ke ak­ti­wi­tei­te al­leen: Tv-kyk, Tv-spe­le­tjies.

Daar is ’n his­to­rie­se re­de vir die hu­we­lik. Dr. Van Zyl-e­de­ling het een­keer in ’n ge­sprek met ’n Ang­li­kaan­se p­rie­ster ge­vra: “Hoe­kom word ge­frons oor seks bui­te die hu­we­lik?” Vroe­ër ja­re was min vroue in staat om fi­nan­si­eel vir hul­self te sorg – haar plek was mos in die huis, het so­si­a­le re­ëls be­paal. Sy was dus meer kwes­baar en dit was vei­li­ger vir haar en die kin­ders bin­ne die hu­we­lik, was sy ant­woord. Nie meer nie. “Die eer­ste keer in men­se­heu­ge­nis het vroue so­veel reg­te, is ons so self­stan­dig. Hoe­kom dit op­gee as jy nie reg­tig wil nie? Doen jou ding son­der om jou neus op te trek oor ’n an­der se hu­we­lik­sta­tus. Kies die wê­reld waar­in jy wil woon en gooi die gras daar nat. Soek vervulling in die rol wat jy kies. Ma­nie­re om jou­self ge­luk­kig te maak, of jy ge­troud is of nie. Dis soos ’n kle­ding­stuk wat jy aan­trek, die rol het nie krag op sig­self nie,” sê dr. Van ZylE­de­ling.

Uit ’n spi­ri­tu­e­le per­spek­tief het jy les­se om te leer waar jy nou is. Maak v­re­de met jou keu­se en leer daar­uit wat jy kan. As jy in ’n si­tu­a­sie is waar jy on­der­druk word (jy voel by­voor­beeld jy het nie ’n stem in jou hu­we­lik nie), leer om jou­self te hand­haaf. As dit reg­tig nie meer werk nie, maak ’n an­der plan. “Tot die dood ons skei, be­te­ken nie net lig­gaam­li­ke dood nie, maar ook die dood van ’n ver­hou­ding,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.