A­von­tu­re in kleur en geur

Hul werk is a­von­tuur­lik en ’n sin­tuig­li­ke fees. Vir twee kre­a­tie­we fyn­ge­bak-sjefs, ’n reis-foen­di en ’n han­de­laar in Per­sie­se mat­te is geen twee dae ooit die­self­de nie . . .

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK & LYDIA VAN DER MER­WE

Laag op laag koek met smul­vul­sel, om­vou deur weel­de­ri­ge S­wit­ser­se me­rin­gue­bot­ter­room. Net die ba­sis, of “skoon doek”.

Dan be­gin Nik­ki Al­ber­tyn en Kar­men de Reuck “som­mer net speel”. Die eind­pro­duk is ’n mul­ti­sen­so­rie­se, soet lek­ker­te – ’n har­mo­nie van geur, kleur en teks­tuur.

Li­on­he­art Pâ­tis­se­rie S­tu­dio is ’n ver­steek­te ju­weel in die hart van Wood­stock, Kaap­stad.

Men­se het ver­lief ge­raak op Nik­ki en Kar­men se u­nie­ke s­tyl. Die ge­hal­te­be­stand­de­le wat hul­le ge­bruik, al­tyd te be­speur in die eind­pro­duk.

“Ons bied ’n reeks hand­ge­maak­te koe­ke, mi­kro-koe­ke (ons i­dee van die cu­p­ca­ke) en an­der soet lek­ker­tes, as­ook ont­wer­per­koe­ke as jy iets u­nieks soek. Vir e­ni­ge ge­leent­heid, van trou­es en kor­po­ra­tie­we ge­leent­he­de tot ver­jaar­dae en som­mer-maar-net,” sê Nik­ki.

Soos die ver­jaar­dag­koek vir die B­rit­se ak­teur T­ho­mas Bro­die-sang­ster ( Ga­me of Thro­nes) toe hy by ge­leent­heid in Kaap­stad was. Die te­ma was S­tar Wars, met ’n don­ker­kleu­ri­ge pa­let en pre­te­le­men­te soos ge­gla­suur­de o­lie­bol­le.

A­ni­ma­sie­flieks soos Fro­zen, S­haun the S­heep, Bal­le­ri­na en ja, S­tar Wars was al speel­se in­spi­ra­sie vir kin­der­ver­jaar­dag­koe­ke. “Ons in­ter­pre­teer ou­ers se voor­skrif­te al­tyd in ons eie s­tyl. Dis nooit ’n ti­pie­se fon­dant­be­dek­te koek nie.

“Die koek se ont­werp ge­beur by­na in­tu­ï­tief. In die kom­buis, nie op pa­pier nie. Kar­men en ek word op ver­skil­len­de ma­nie­re ge­ïn­spi­reer. Maar ons het ge­vind as ons dit saam­gooi, is die uit­koms iets be­son­ders.

‘Die koe­k­ont­wer­pe ge­beur by­na in­tu­ï­tief’ Nik­ki Al­ber­tyn en Kar­men de Reuck van die aan­lyn win­kel Li­on­he­art Pâ­tis­se­rie S­tu­dio

“Ons volg in­ter­na­si­o­na­le bak­kers en pro­beer in voe­ling bly met wat hul­le doen. Maar meest­al laat ons ons lei deur die blom­me (reg­tes, nie ver­sier­sui­ker nie), kleu­re en vorms waar­op ons be­sluit. Ons ont­werp nooit voor­af ’n koek nie – dit neem vorm aan ter­wyl ons werk.”

’n Li­on­he­art-koek het eg­ter ’n ti­pie­se voor­koms: Hul­le ver­kies gro­ter koe­ke. Al kyk men­se dik­wels daar­na en vra: “Hoe sny jy dit?”

“Ons het be­sluit as dit goed lyk en smaak, is dit ’n goeie koek. Hoe jy dit eet, is jou saak.”

Kar­men en Nik­ki ken me­kaar om­trent van­dat hul­le doe­ke ge­dra het. Die twee kan ont­hou hoe hul­le in die kleu­ter­skool in die Paarl saam drui­we­kon­fyt ge­maak het! Hul­le het ’n ha­ne­tree van me­kaar ge­woon en na die­self­de skool ge­gaan. “Op die lang Paarl­se so­mer­mid­dae het ons graag gaan swem. En daar­na pep­per­mint crisp- tert, Kar­men se ou­ma se re­sep, as be­lo­ning ge­maak.

“Ons was nie juis bak­kers nie, maar het al­tyd in kos en geu­re be­lang­ge­stel. My ou­ma was ’n bo­baas-bak­ker en in haar huis was ’n blik Mex­i­kaan­se tee­koe­kies al­tyd bin­ne be­reik.”

Hul­le het ge­droom van saam ’n on­der­ne­ming be­gin, maar nie eint­lik ge­weet wat nie. Dit sou iets met kos te doen hê, het hul­le nie­te­min ge­weet. Ná ma­triek het elk­een sy eie rig­ting in­ge­slaan. Nik­ki as gra­fie­se ont­wer­per en Kar­men as di­gi­ta­le be­mar­ker. In 2015 het Nik­ki ’n lief­de vir fyn­ge­bak ont­dek, deel­tyds aan die Sil­wood S­chool of Cook­e­ry in Kaap­stad ge­stu­deer en in Fe­bru­a­rie 2016 Li­on­he­art ge­o­pen. Die naam is af­koms­tig van Por­ter Ro­bin­son se lied­jie “Li­on­he­ar­ted”. “Die me­lo­die, li­rie­ke, als het my ge­ïn­spi­reer om my eie be­sig­heid te be­gin, dap­per te wees en die sprong in die don­ker te waag.”

Sy het “hier en daar” be­gin koek bak, fo­to’s op In­sta­gram ge­plaas en die be­stel­lings het be­gin in­kom. Ná baie Sky­pe-op­roe­pe en dag­dro­me oor hul koek-ko­nink­ryk, het Kar­men haar werk in Lon­den be­dank en langs Nik­ki in­ge­val.

“Sy het my fyn dop­ge­hou, baie vrae ge­vra en teen die spoed van lig oor koe­ke ge­leer. Nie een van ons het kook­kuns as ag­ter­grond nie, maar ons leer el­ke dag. En ek wil nie­mand an­ders aan my sy hê nie,” ver­tel Nik­ki.

Hoe­wel hul­le nie ’n win­kel het nie, kan be­stel­lings ge­rief­lik op hul vrien­de­li­ke web­tuis­te ge­maak word of klan­te kan ’n af­spraak maak. “Om ’n be­sig­heid aan­lyn te be­stuur gee ons die ge­voel van vry­heid in ons daag­lik­se le­we wat ons al­bei wil hê. Ons on­der­ne­ming is nog jonk en ons het reeds die ri­si­ko ge­neem om geld te be­lê [in toe­rus­ting, ens.]. ’n Win­kel voel tans na ’n hap­pie te veel ter­wyl ons nog die de­tail leer van sa­ke­vrou wees. Ons hou daar­van om aan­lyn te wees en te sien hoe men­se ge­kon­fyt raak om soet be­der­fies via die web te be­stel,” sê Nik­ki.

Kar­men de Reuck (links) en Nik­ki Al­ber­tyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.