‘Joer­na­lis­te móét ’n ver­skil maak’

Be­kroon­de on­der­soe­ken­de joer­na­lis Pie­ter-lou­is My­burgh, skry­wer van die top­ver­ko­per The Re­pu­blic of Gup­ta: A S­to­ry of S­ta­te Cap­tu­re*, re­ken me­di­a­vry­heid is nog ‘ge­sond’ in Suid-a­fri­ka. Die dood van joer­na­lis Su­na Ven­ter, een van die SAUK8, het tog baie vr

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK

Met Sauk-ver­vaar­di­ger Su­na Ven­ter se dood nog vars in ons ge­moed, is joer­na­lis­te be­kom­merd oor die stand van me­di­a­vry­heid in Suid-a­fri­ka?

Die Sauk8-joer­na­lis­te [van wie Su­na een was] is ’n groep wat veel méér ge­word het as bloot joer­na­lis­te bin­ne ’n or­ga­ni­sa­sie wat die pad bys­ter is . . . Hul­le was ak­ti­vis­te, as’t wa­re die fluit­jie­bla­sers van ’n be­stel waar Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof van die SAUK, ’n skrik­be­wind ge­voer het. Su­na was uit­ein­de­lik ’n en­ke­ling in ’n om­ge­wing van in­ti­mi­da­sie, waar die be­stuur nie teen die in­ti­mi­deer­ders op­ge­tree het nie. Sy het nie ge­weet wie om te ver­trou nie.

As joer­na­lis wat vir ’n pri­va­te me­dia-in­stel­ling [News24] werk, voel ek vei­lig. Ek wéét ek sal nie my werk ver­loor as ek die waar­heid ont­bloot nie. SuidA­fri­ka ver­ge­lyk nog goed met die res van die wê­reld as dit kom by me­di­a­vry­heid. Vol­gens die 2017 Wor­ld P­ress Free­dom In­dex is Suid-a­fri­ka 31ste, voor Frank­ryk (39), die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk (40) en die VSA (43). Noor­weë is, ter­loops, nom­mer een op die lys en Noord-ko­rea heel laas­te. Suid-a­fri­ka is by­voor­beeld lig­ja­re ver­wy­der van Mex­i­ko (nom­mer 147 op die lys) waar on­der­soe­ken­de joer­na­lis­te ge­reeld ver­moor word.

En die drei­gen­de ge­lui­de van die be­we­ging Black First Land First (BLF) teen­oor joer­na­lis­te? Is dit ge­vaar­lik?

Ja en nee. Hul i­de­o­lo­gie is ’n be­drei­ging. Hul­le be­skou die me­dia as ’n vleu­el van ’n wit mo­no­po­lie wat die land wil oor­neem en re­ken ons [die me­dia] stuur ge­fa­bri­seer­de nuus die wê­reld in om die so­ge­naam­de a­gen­da van wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal te be­vor­der. Maar die BLF is eint­lik ’n frin­ge po­li­tie­ke groep met min on­der­steu­ners. Hul pro­tes­op­tre­de by die huis van Pe­ter Bru­ce, groe­pre­dak­teur van die me­di­a­huis Ti­so Black­star, na­dat hy die Gup­tas in sy ru­briek ge­kri­ti­seer het, be­wys dit. Reg­ter Cor­rie van der West­hui­zen het die in­ter­dik toe­ge­staan wat deur die Suid-a­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum [Sa­nef] aan­ge­vra is teen die BLF en sy lei­er An­di­le Mngx­i­ta­ma. Dit wys dat ons nog op die reg­te spoor is – joer­na­lis­te word be­skerm deur die reg.

Is jy groot­ge­maak met ’n sterk reg­ver­dig­heid­sin?

My pa, Pier­re, is ’n ar­gi­tek en my ma, R­hea [nou tuis­te­skep­per], was ’n on­der­wy­se­res. Daar was al­tyd boe­ke in ons huis. Ek is die mid­del­kind, en ja, al­les wat hul­le sê oor mid­del­kin­ders, die pro­bleem­kin­ders, is waar [lag]. Ek was mal oor die skry­wer Ro­ald Dahl as­ook E­nid B­ly­ton se a­von­tuur­ver­ha­le van The Fa­mous Fi­ve. My ou­ers was oop­kop. Ons is aan­ge­moe­dig om din­ge te be­vraag­te­ken, nie net te aan­vaar nie. Ek het een­keer, op la­er­skool, ’n ras­sis­tie­se woord tuis her­haal wat ek op die skool­grond ge­hoor het en my pa het vir my ge­sê só word daar nie in ons huis ge­praat nie. Ons het ge­leer jy re­spek­teer al­mal. Dit het al­tyd by my vas­ge­steek. Aan Paul Roos Gim­na­si­um op S­tel­len­bosch, waar ek ge­ma­tri­ku­leer het, het ek vir ons skool­koe­rant ge­skryf. Al­tyd lief om din­ge uit te snuf­fel en meer uit te vind oor die wê­reld.

En toe word jy ’n spor­t­joer­na­lis?

Aan­vank­lik, ná my hon­neurs­graad in joer­na­lis­tiek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch in 2009, het ek as in­tern by die dag­blad Beeld in Jo­han­nes­burg ge­werk. Daar­na het ’n po­si­sie in die sport­kan­toor oop­ge­gaan, en ek het ge­spring. Sport is nie my eer­ste lief­de nie, maar ek het baie ge­leer – om vin­nig, ak­ku­raat en bon­dig te skryf. Bok­kie Ger­ber, die des­tyd­se sport­re­dak­teur, was ’n groot gees in die koe­rant­be­dryf. Daar­na is ek na ’n nuus­tyd­skrif en toe so­wat vyf jaar ge­le­de na die Son­dag­koe­rant Rap­port, waar ek la­ter on­der­soe­ke be­gin doen het. Nou werk ek aan­lyn vir News24.

Glo jy werk­lik joer­na­lis­te kán ’n ver­skil maak?

Na­tuur­lik. En ek sal dit al­tyd glo. As dit nie was vir die on­ver­skrok­ke ver­slag­ge­wing van [wy­le] Man­dy Ros­souw wat die N­kand­la-skan­daal [en pres. Ja­cob Zu­ma se ver­gry­pe] oop­ge­vlek het nie, sou die be­las­ting­be­ta­ler dit nooit ge­weet het nie. >

< Ek het die kor­rup­sie by die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van SA (Pra­sa) aan die kaak ge­stel. As ge­volg daar­van het groot­kop­pe ge­waai. Die “boe­we” be­land nie al­tyd in die tronk nie, maar as hul­le in die pad ge­steek word, het dit mos ’n we­sen­li­ke im­pak op die land. Su­na het ons nou weer laat dink oor kwes­sies soos me­di­a­vry­heid. Dit is joer­na­lis­te se taak om die ge­wo­ne lands­bur­gers in te lig oor kwes­sies wat hul­le raak – din­ge waar­toe hul­le dik­wels nie toe­gang het nie.

Was jy ’n bie­tjie skrik­ke­rig om jou boek oor die Gup­tas aan te pak, ge­ge­we die mag­ti­ge rol­spe­lers?

Dit sal na­ïef wees om nie jou [en jou ge­sin se] vei­lig­heid met dié soort ver­slag­ge­wing [of skryf van dié soort boek] in ag te neem nie. Jy is be­sig om ge­vaar­li­ke men­se se wan­da­de bloot te lê. Na­tuur­lik is ek soms be­kom­merd oor my ver­loof­de, ’n gri­meer­kuns­te­naar, maar sy ver­staan wat my werk be­hels.

Ek bou klein, prak­tie­se din­ge in my le­we in, ter be­vei­li­ging. Wan­neer ek by­voor­beeld ’n on­be­ken­de bron laat­aand ie­wers ont­moet, sal ek vir van my kol­le­gas of my re­dak­teur daar­van sê. Wan­neer ek rond­ry, ver­al saans, kyk ek ge­reeld in my tru­spie­ël­tjie of ek dalk ag­ter­volg word. My huis is uit­ste­kend be­vei­lig. Ek is al­tyd hon­derd per­sent be­wus van wat om my aan­gaan. Soms ge­bruik ek spe­si­a­le te­le­foon­toe­stel­le om­dat ek bang is ek word af­ge­luis­ter of ons be­nut ge­ën­ko­deer­de pro­gram­me op ons te­le­fo­ne so­dat van die ma­te­ri­aal nie on­der­skep word nie. Daar is baie ma­nie­re om jou te be­vei­lig. Dit is my werk, dit maak my ge­luk­kig en ek durf my nie van stryk laat bring nie. Dít is waar­op die boos­wig­te staat­maak. En dán kan ’n mens nooit by die waar­heid uit­kom nie.

Het jy ooit ge­dink jou boek oor die Gup­tas gaan so goed vaar?

Ek weet Suid-a­fri­ka­ners stel be­lang in die po­li­tiek en is pas­sie­vol oor die land. Hul­le wil al­les oor die nit­ty-grit­ty weet. My na­vor­sing het al ein­de 2015 be­gin. Ek het die boek toe­gank­lik pro­beer skryf en kry so­ver baie goeie te­rug­voe­ring [15 000 is reeds ver­koop en die boek is in sy twee­de druk]. Dit was ’n groot uit­da­ging om so­veel fei­te en in­ge­wik­kel­de kwes­sies rond­om staat­skaping, geld­was­se­ry en kor­rup­sie ver­teer­baar te skryf. Ek is baie dank­baar men­se koop dit.

Is jy al in die ver­le­de ge­ïn­ti­mi­deer weens jou werk?

Ek dink jy moet dit al­tyd te wag­te wees om­dat jy op sen­si­tie­we to­ne trap as on­der­soe­ken­de joer­na­lis. Dit het eint­lik nog net een keer ge­beur dat men­se reg­tig ag­gres­sief teen­oor my was. Dit was ty­dens die Pra­sa-on­der­soek toe ek die voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof, Lucky Mon­ta­na, se klomp luuk­se ei­en­dom­me ter plaat­se be­loer het. Hy het daar op­ge­daag ter­wyl ek op die per­seel was en ’n bak­steen na my voer­tuig ge­gooi. Ek het my maar uit die voe­te ge­maak, vin­nig weg­ge­ry en my re­dak­teur ge­bel . . .

Ek het al aan sa­ke ge­werk waar ’n bron my ge­waar­sku het dat “ou­ens my uit die weg wil ruim”. Dan het die werk pri­va­te se­ker­heids­wag­te ge­kry om my te be­vei­lig. Dit verg ’n spe­si­fie­ke per­soon­lik­heids­ti­pe om ’n on­der­soe­ken­de joer­na­lis te wees. Jy moet se­nu­wees van s­taal hê en dit werk­lik wíl doen. Jy moet bie­tjie hard­kop­pig wees, hoe­wel nie dom­a­strant nie. En jy durf nie toe­laat dat jy ge- ratt­le word nie, want dan ver­loor jy fo­kus.

Toe­koms­plan­ne?

Die skryf­gog­ga het my nou ge­byt. Met koe­rant- en aan­lyn ar­ti­kels word jy al­tyd be­perk met woor­de. My s­tyl is nar­ra­ti­ve non­ficti­on – ek het ’n soort speur­ver­haal-aan­slag, al werk ek met fei­te. Dis baie be­vre­di­gend om ka­rak­ters vol­le­dig te be­skryf, sto­rie­ly­ne uit te bou en kwes­sies deeg­lik uit te pak. Ek het ’n he­le paar i­dees vir nu­we boe­ke waar­aan ek werk en hoop om een­dag vol­tyds boe­ke – fik­sie en nie-fik­sie – te kan skryf.

Het jy ooit met Su­na kon­tak ge­had?

Nie per­soon­lik nie, maar ek ken baie van haar kol­le­gas en voel saam met hul­le. Dit is baie jam­mer dat die pu­bliek so lank nie ge­weet het wat be­sig is om met haar te ge­beur nie, en dat haar span en haar fa­mi­lie haar in stil­te moes dra. Dit is ’n skan­de dat daar nie aan­dag aan haar hulp­kre­te ge­gee is deur die top­struk­tu­re by die SAUK nie.

Hoe bly jy by met al­les wat in die wê­reld ge­beur?

Ek lees so wyd as moont­lik – ’n joer­na­lis kan nie ge­noeg lees nie. Van Beeld, News24, Mail & Gu­ar­di­an, Bu­si­ness Day tot TIME en The E­co­no­mist, as­ook nie-fik­sie en fik­sie. Ek is ook mal oor reis. In 2014 en 2016 was ek vir kur­sus­se na New York, ’n on­ge­loof­li­ke stad – ek is mal oor die plek. Ek was ook al in R­wan­da as­ook die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK), waar Suid-a­fri­kaan­se sol­da­te as deel van die Ver­e­nig­de Na­sies se vre­de­sen­ding ge­sta­si­o­neer is. Mooi wê­reld, maar die pyn en ly­ding van de­ka­des se oor­log­voe­ring is o­ral dui­de­lik. Ek sal nog baie saam met my ver­loof­de wil reis.

Hoe ont­span jy?

My groot pas­sie bui­ten werk is die see. Ek het as kind op Mos­sel­baai in die bran­ders groot­ge­word en baie ja­re bran­der­plank ge­ry na­dat ons ge­sin na So­mer­set-wes ge­trek het. In Jo­han­nes­burg draf en stap ek met ons pug, Lu­cy. My ver­loof­de is lief vir kos­maak en aan­sien­lik be­ter daar­in as ek. Ons braai graag saam met vrien­de. Nou en dan gaan ons na­we­ke weg na Cla­rens in die Oos-vry­staat, en die beeld­sko­ne Noord­kus van K­wazu­lu-na­tal. Ons is rock-’nrol­lers en kyk graag na bands soos Fo­kof­po­li­sie­kar, Van Co­ke Kar­tel en Foo Fig­h­ters. My broer, Jan­sen, ook be­kend as DJ Naal­de­ko­ker, was Jack Pa­row se DJ, so dit was lek­ker om hul­le shows hier in Jo­han­nes­burg te kyk.

Jy’t al ho­pe toe­ken­nings ont­vang – meer on­langs die Ta­co Kui­per-prys vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek. Waar­van droom jy nóg?

El­ke joer­na­lis droom se­ker van die gro­te, die Pu­lit­zer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.