Mo­der­ne ha­re son­der hit­te

Haar­sty­le son­der hit­te bl. 66 | Ma­ni-mooi bl. 70

Sarie - - Inhoud -

A­sjy dink jy moet al­tyd jou ha­re met ’n haar­dro­ër uit­blaas of met ’n haarys­ter stryk of krul om mooi te lyk, dink weer! Be­gin van­jaar het Pin­te­rest voor­spel moei­te­lo­se haar­sty­le, wat jy skep son­der om hit­te te ge­bruik, gaan ’n t­rend wees. Se­dert­dien sien ons ge­reeld be­ken­des wat met sag­te gol­wen­de, ef­fens deur­me­kaar s­ty­le spog. Boon­op is die voor­koms goed vir jou ha­re se ge­sond­heid. In­dien jy ge­reeld jou ha­re met hit­te sti­leer, kan dit erg ver­niel, dus is dit ’n goeie i­dee om jou ha­re dan en wan eer­der na­tuur­lik te laat droog word.

“Hit­te­lo­se haar­sty­le is dees­dae ge­wild juis om­dat vroue be­sef wat­ter ska­de oor­sti­le­ring kan doen,” sê Li­zan­ne Mou­ton, kre­a­tie­we hoof van die Ga­ry Rom­haar­sa­lon­ne in Gau­teng.

Vroue ver­kies ook ál meer ’n moei­te­lo­se s­tyl wat hul na­tuur­li­ke haar­teks­tuur vier eer­der as weg­steek. Maar dié s­ty­le is nie nood­wen­dig mak­lik om reg te kry nie. Ha­re wat na­tuur­lik droog word, is dik­wels kroe­se­rig ( friz­zy), plat, le­we­loos of vol koe­ke. Hier is raad:

Sny dit só

Jy kan reeds met die reg­te snit – een wat jou ha­re se na­tuur­li­ke teks­tuur in ag neem – ver­se­ker dat jou ha­re van­self mooi droog word. As jy fyn ha­re het, vra jou haar­sti­leer­der om jou ha­re met ’n haar­sny-lem­me­tjie (eer­der as ’n skêr) te sny, sê Li­zan­ne. Dit help om teks­tuur in jou ha­re te skep so­dat dit vol­ler lyk. ’n Haar­snit wat in lae ge­sny is, werk weer goed as jy krul­le­ri­ge ha­re het wat mak­lik kroes. Dit gee vorm en vo­lu­me son­der dat jou ha­re pof­fe­rig lyk wan­neer dit droog is.

Dit gaan al­les oor die pro­duk­te . . .

Met hit­te­lo­se haar­sti­le­ring is die pro­duk­te wat jy op jou ha­re ge­bruik na­dat jy dit ge­was het, die be­lang­rik­ste, sê Li­zan­ne. Maak nie saak wat jou haar­ti­pe is nie, die reg­te pro­duk­te sal voor­kom dat jou ha­re kroe­se­rig of plat droog word en help om vo­lu­me te gee. Kyk vir sti­le­rings­pro­duk­te wat ont­wik­kel is vir hit­te­lo­se stilering, om­dat dié pro­duk­te se be­stand­de­le nie hit­te no­dig het om te ak­ti­veer nie.

KIES REG

Be­gin met die reg­te sjam­poe en op­knap­per vir jou haar­ti­pe, sê Li­zan­ne. As jy fyn ha­re het, maak ’n pro­duk met pro­te­ïe­ne jou ha­re vol­ler en ster­ker, ter­wyl grow­wer, krul­le­ri­ge ha­re baat vind by ’n be­vog­ti­gen­de sjam­poe en op­knap­per.

Vryf daar­na ’n haar­mous­se, krul­room of sout­s­proei in jou klam ha­re en druk ( scrunch) dit met jou vin­gers op­waarts. As jy fyn ha­re het, sit meer van die pro­duk aan jou haar­wor­tels. Vir krul­ha­re, be­gin by jou haar­pun­te en werk na jou kop­vel toe.

So­dra jou ha­re droog is, kan jy ’n poei­er­haar­sproei of droë sjam­poe ge­bruik om nog vo­lu­me en teks­tuur te skep.

Sti­leer dit só

Be­ken­des soos Ju­li­an­ne Moo­re, Ni­co­le Kid­man en Di­a­ne Kru­ger spog al heel­jaar met na­tuur­li­ke, ef­fens deur­me­kaar s­ty­le op die rooi ta­pyt.

Vir sag­te, in­ge­leef­de gol­we:

Vleg jou klam ha­re in twee of vier vleg­sels. Maak die vleg­sels los net voor­dat jou ha­re heel­te­mal droog is en skud die gol­we ef­fens los­ser.

Di­a­ne Kru­ger

Ju­li­an­ne Moo­re

Ni­co­le Kid­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.