Vin­nig op­kik­kers

Al­tyd moeg? Dok­ters sê dis ons al­ge­meen­ste klag­te! Ge­son­de ge­woon­tes (eet, slaap en oe­fe­ning) is meest­al die o­plos­sing. En as jy blits­vin­nig ’n bie­tjie oemf no­dig het, pro­beer dié wen­ke eer­der as kof­fie

Sarie - - Inhoud - Bron­ne: re­al­buzz.com, be­st­he­alth­mag.ca, our­bet­ter­he­alth.org

OP ’N DRAFSTAP

’n Vin­ni­ge stap­pie van 10 mi­nu­te kan jou e­ner­gie vir min­stens 2 uur ’n hup­stoot gee, vol­gens ’n stu­die in die A­me­ri­kaan­se Jour­nal of Per­so­na­li­ty and So­ci­al P­sy­cho­lo­gy.

WA­TER IS LE­WE

Neem ge­reeld sluk­kies wa­ter deur die dag. Moe­nie wag tot jy dors is nie, want jou “dor­sa­larm” is nie al­tyd ak­ku­raat nie. Selfs al is jy net ef­fens ge­de­hi­dreer, kan dit jou moeg laat voel.

BLAAS ’N BORREL

Kou kou­gom vir ’n wak­ker­der brein en om jou kon­sen­tra­sie te ver­be­ter, is in ’n B­rit­se stu­die be­vind. Dis waar­skyn­lik om­dat die ge­kou bloed­vloei ver­meer­der.

SPAN JOU NEUS IN

Sit 2 drup­pels pe­per­ment­o­lie op ’n snees­doe­kie en a­sem diep in. Jy gaan meer ge­fo­kus en wak­ker­der voel van­weë die na­tuur­li­ke sti­mu­le­ren­de ei­en­skap­pe. As jy meer tyd het, gooi dit by jou bad­wa­ter saam met 4 drup­pels roos­ma­ryn-o­lie.

VOE­TE OMHOOG

Lê op jou rug en ge­bruik kus­sings om jou voe­te ’n bie­tjie ho­ër as jou kop te lig. Of lê op ’n ver­stel­ba­re oe­fen­ban­kie of an­der op­per­vlak wat skuins is. Dit ver­hoog bloed­vloei na jou brein, wat jou kop wak­ker­der laat voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.