‘Ek ry ma’ net’

Vir Hen­drik van der Mer­we is daar net een ma­nier om sy wê­reld te leer ken: Op ’n en­kel­spoed-fiets en met sy slaap­plek on­der die ster­re

Sarie - - Inhoud - DEUR LYDIA VAN DER MER­WE FO­TO WIL­LEM LOU­RENS

Dus­kan­tVen­ters­dorp, in ’n nat-ge­se­ën­de Noord­wes, ge­waar hy die C­hi­nees met ’n skoot­re­ke­naar langs die pad. Sy tan­dem­fiets swaar ge­laai met e­lek­tro­nie­se toe­rus­ting, trap hy al agt jaar om die wê­reld.

“Hy wys na my, trap wol­kies in die stof soos hy lag. ‘Ha ha ha . . . w­he­re is your sleep­ing bag, w­he­re is your lug­ga­ge?’

“En ek sê: ‘ Wee’ jy hoe snaaks lyk jý? Wat’s dit met die tan­dem­fiets?’

“Hy laai men­se op wat langs die pad loop, seg hy. Hy’s kléin, hoor.”

Hen­drik van der Mer­we, ei­en­doms­a­gent van Dur­ban­vil­le na­by Kaap­stad, is ge­woond jy loop al­le soor­te men­se raak as jy die lang­pad met jou fiets vat. De­sem­ber ver­le­de jaar ry hy van P­re­to­ria, via Botswa­na en Na­mi­bië Kaap toe. Net dus­kant 3 000 km in ’n rap­sie meer as ’n maand. En in Fe­bru­a­rie van­jaar, P­re­to­ria, Kim­ber­ley, Kaap­stad toe. Twee we­ke en 1 450 km se kop­wind – dan lê die ou Du Toits­kloof-pas nog voor. Daai ton­nel is mos nie vir fiet­se ge­maak nie.

Dis ’n be­wolk­te og­gend toe Hen­drik, vlak in die 50, De­sem­ber uit P­re­to­ria ver­trek. Ef­fe sta­dig en styf, maar po­si­tief hy sal fik­ser word na­ma­te hy vor­der.

“Ver­by Hart­bees­poort­dam by ’n vul­sta­sie s­top ’n man met ’n op­ge­zoep­te Golf langs my, bier­tjie op die skoot: ‘Hei bru, w­he­re are you going? Co­me, ha­ve a beer.’ Ek, be­sig om wa­ter oor my uit te gooi: ‘No, I’m in a hur­ry.’ ‘ W­he­re are you going, bru?’ Hy staan nou langs die fiets, bier in die hand. Ek is klaar en spring op die fiets. ‘Na­mi­bië,’ skree ek ter­wyl ek weg­ry. ‘ You are mad, bru,’ roep hy ag­ter­na.”

’n Kol­le­ga stel dit meer di­plo­ma­ties: “Ek t­wy­fel of jy dit mooi oor­dink het.”

Nee. Bie­tjie ge­goo­gle en ge­dag­droom. So­wat 10 km voor Zeerust kyk die ei­e­naar van ’n kam­peer­ter­rein sy fiets só. “Hy sê die ban­de is dan vod­de. Ver­leë ver­dui­de­lik ek dit was in ’n goeie toe­stand toe ek uit P­re­to­ria weg is. Waar­op hy ant­woord: ‘P­re­to­ria is net 200 km hier­van­daan!’”

Hen­drik wou lig reis, wik­kel, by sy eind­be­stem­ming uit­kom. Op die eer­ste rit, P­re­to­ria na Kaap­stad via ons buur­lan­de, ry hy met ’n “dood­ge­wo­ne en­kel­spoed-staal­raam­fiets – so ’n aks mo­der­ner as ’n ou pos­kan­toor-een”. Swaar, sterk. Ka­la­ha­ri-an­nie sou ê­rens op ’n stof­pad naam kry, ver­noem na sy sus­sie, E­li­ze, se kat. Sy ba­ga­sie, son­der wa­ter en kos, weeg 15 kg. Die fiets ’n ver­de­re 15 kg. An­der­kant Rus­ten­burg al los hy die helf­te van sy ba­ga­sie op ’n ho­pie langs die pad. In­ge­sluit sy slaap­sak, tent­pen­ne en al die kle­re be­hal­we dié aan sy lyf.

Op sy twee­de tog, P­re­to­ria na Kaap­stad via Kim­ber­ley, skaal hy af na 3½ kg, kos en wa­ter uit­ge­sluit. Sy fiets, weer ’n en­kel­spoed, nou net 8 kg, eint­lik glad nie ge­skik vir so ’n ver rit nie.

Slaap­plek is meest­al in die veld. Dit het ’n naam (nié boe­mel nie!): sluip­slaap ( ste­alth-cam­ping). Jy saal stil­le­tjies ie­wers in die boen­does af en glip weer net so on­ge­siens weg. Oor­se­se fiets­ry­ers waar­sku dis te ge­vaar­lik in Suid-a­fri­ka. Net dek­sels on­ge­mak­lik, meen on­se

held. Jy wor­stel om on­ge­siens met jou fiets oor hei­nings te kom. Kan nie met e­ni­ge lig, het­sy kamp­vuur of flits, jou skui­ling weg­gee nie.

“In Na­mi­bië, an­der­kant Go­ba­bis, daag twee on­ge­nooi­de gas­te by my slaap­plek op. Ek staan heel­nag kierts­reg­op – oor­tuig hul­le wag net tot ek slaap om my by te kom. ’n Lang nag van ska­du’s dop­hou, luis­ter.”

Maar ook in ein­ste Na­mi­bië: “Bob­be­ja­ne blaf jou wak­ker met die eer­ste lig. ’n On­aard­se ge­luid. Geen leeus hier nie, ten min­ste weet ek dit.”

Want heel­pad deur Botswa­na hoor hy: “Is jy nie bang vir die leeus nie?” En geen dra­de langs die hoof­pad nie. Al wat hy eg­ter sien, is spek­vet bees­te. “Moet ge­luk­ki­ge leeus wees, daai.

“Die eer­ste aand in Botswa­na vra ek ’n slaap­plek­kie by ’n dorp­skool­tjie. Dis reg, sê die se­ker­heids­wag. ‘ You don’t ha­ve to wor­ry, you’re in Botswa­na now.’ ’n Voors­ma­kie van die men­se daar se ge­sind­heid. In die nag daag die po­li­sie op en vra of ek ou­kei is. Ek slaap vreed­saam, die ge­balk van don­kies, die Botswa­na-tap­toe, in my ore.”

Maar an­der ke­re moet jy jou slaap­plek goed be­dink. Be­gin dit re­ën en jy slaap in ’n hol­te­tjie, word jy dal­kies wak­ker met “’n koei wat ver­by­dryf!”. “Dus­kant Ka­nye, Botswa­na, be­gin dit een nag lek­ker sous. Ek skrik wak­ker, nou in die mid­del van ’n stroom­pie. Die res van die nag staan ek reg­op met tan­de klap­pend van die koue.”

Leeus, re­ën . . . maar ’n mie­lie­land vat die koek. “Dis soos ’n mi­kro-oer­woud daar­bin­ne. Mus­kie­te, sul­ke swerms. En daai roes­rooi grond dring als bin­ne.”

Met kos sou hy eers eks­pe­ri­men­teer. >

Met fiets en hoed is Hen­drik al klaar weer ge­reed vir sy vol­gen­de a­von­tuur. Sy droom is om deur A­fri­ka te ry, ver­al die DRK, om die aan­dag op ont­bos­sing daar te ves­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.