Boek­din­ge

Sarie - - Inhoud -

Van­jaar vier die A­fri­kaan­se Woor­de­lys en Spel­re­ëls sy 100ste ver­jaar­dag. Wat is die nuut­ste ont­wik­ke­lin­ge wat in die AWS op­ge­neem is? ’n Taal hou nooit op om te ver­an­der nie. Soos wat ’n taal se om­wê­reld en spre­kers ver­an­der, so ver­an­der die taal ook, en hor­des nu­we woor­de wat ons ver­an­de­ren­de wê­reld re­flek­teer, is in die nu­we AWS by­ge­voeg. Dink by­voor­beeld aan Wi-fi of wi-fi; w­hat­sapps en ge­w­hat­sapp.

Ons het ook taal­sa­ke be­skryf wat nog nooit voor­heen in die AWS op­ge­neem is nie. Hier­van is die nu­we hoof­stuk oor lees­te­kens en die ene oor trap­pe van ver­ge­ly­king die be­lang­rik­ste. Ons het pro­beer om uit al die da­ta tot ons be­skik­king re­ëls te maak wat men­se van nou af mak­lik sal kan toe­pas. Dit be­vat on­der meer ook ’n lys met al die e­le­men­te van die pe­ri­o­die­ke ta­bel, land­na­me met hul in­ter­na­si­o­na­le af­kor­tings en geld­een­he­de en ’n lys met van die be­lang­rik­ste ge­o­gra­fie­se na­me in die Oos­te. Wat maak jou op­ge­won­de oor die nu­we AWS? Die feit dat daar by die Taal­kom­mis­sie ’n baie rui­mer be­skou­ing is oor wat S­tan­daard­a­fri­kaans is. Die stan­daard­taal word ge­voed uit ál die va­ri­ë­tei­te van A­fri­kaans. So er­ken ons bv. naas pa-hul­le en ma-hul­le nou ook pa(-)goed en ma(-)goed. En daar is tal­le nu­we woor­de by­ge­voeg wat juis uit hier­die va­ri­ë­tei­te kom: tit­te of tie­tie of tit (wat dui op jou oud­ste sus­ter); sla­mat; skuins­koek; skil­pad­jies (die le­wer­ge­reg); poe­nan­kies; mu­ti of moe­tie; hip-hop; en­so­voorts.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.