Ta­fel­prag

Sarie - - Redakteursbrief - Blaai om >

Hei­ke le Cor­deur toor . . . in haar han­de word blom­me en e­nig­iets uit die grond kuns­wer­ke, of dit vir ’n troue, ’n spe­si­a­le ge­leent­heid of bloot ’n ge­skenk is. Nou word haar kuns­wer­ke ook ge­teks­tu­reer­de hand­ge­druk­te ta­fel­doe­ke (ja, dis ’n ta­fel­doek op die fo­to!). Daar is ook tee­doe­ke in dié F­leur le Cor­deur-reeks. Be­soek www.fleur­le­cor­deur.co.za vir pry­se en be­stel­lings.

Twee splin­ter­nu­we do­ku­men­tê­re pro­gram­me oor prin­ses Di­a­na (fo­to), waar­in baie men­se hul sto­ries vir die heel eer­ste keer ver­tel, word bin­ne­kort uit­ge­saai om haar tra­gie­se dood 20 jaar ge­le­de te her­denk.

In Di­a­na and the Pa­pa­raz­zi verklap haar bin­ne­kring (soos haar broer, per­soon­li­ke lyf­wag, woord­voer­der en guns­te­ling-joer­na­lis) hoe sy dit soms ge­niet het om die pers in te span vir haar eie plan­ne, en die wa­re sto­ries ag­ter i­ko­nie­se fo­to’s word ook ver­tel. Di­a­na: The Day the Wor­ld C­ried sluit on­der­hou­de in met sir Mal­colm Ross wat die be­graf­nis in ses dae moes be­plan, die hoof­kis­dra­er en die of­fi­sier wat haar en die prin­sies be­skerm het en saam in die lyks­wa ge­ry het. Die twee pro­gram­me is op on­der­skei­de­lik 31 Au­gus­tus en 1 Sep­tem­ber om 20:00 op ITV C­hoi­ce (Dstv 123) te sien. •Lees ook ‘Waar was jy toe . . .?’ op bl. 38.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.