Trots SA

Sarie - - Redakteursbrief - Bron: A­fri­ca­pres­slist.com

’n Suid-a­fri­kaan­se span met twee vroue aan die stuur is een van 11 se­mi-fi­na­lis­te in die Glo­bal Le­ar­ning XPRIZE, een van die groot­ste op­voed­kun­di­ge kom­pe­ti­sies ter wê­reld. Hul­le is uit 198 span­ne ge­kies. Deel­ne­mers moes sag­te­wa­re ont­wik­kel waar­mee kin­ders in ge­meen­skap­pe met min bron­ne bin­ne vyf­tien maan­de self ba­sie­se lees-, skryf en sy­fer­vaar­dig­he­de kan aan­leer. Son­der hulp. SA se Le­ap to K­now-app ge­bruik ge­pas­te sto­ries as ver­trek­punt. Vir stig­ters Ro­lien B­ühr­mann (taal­spe­si­a­lis en op­voe­dings­in­houd-ont­wik­ke­laar) en Je­a­net­te G­reeff (sag­te­wa­re­ar­gi­tek) is hul o­plos­sing ’n “le­wens­lan­ge taak” wat “mil­joe­ne kin­ders kan help”. Vyf fi­na­lis­te word van­dees­maand aan­ge­kon­dig. Hul op­los­sings sal in Tan­za­nië ge­toets word om die wen­ner van $15 mil­joen te be­paal.

Van links is sag­te­wa­re­ont­wik­ke­laar S­haun Wuth, Je­a­net­te G­reeff en Ro­lien B­ühr­mann.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.