DRUKKIES NIE VIR AL­MAL

Sarie - - Briewe - A­no­niem, Roo­de­poort

Ons kin­ders word groot met baie meer fi­sie­ke kon­tak as waar­mee ons groot­ge­word het. Al­mal deel drukkies uit. En dis goed so. Soms won­der ek net of daar men­se is wat, soos ek, ’n ef­fens gro­ter be­hoef­te aan per­soon­li­ke ruim­te het.

Moet my nie ver­keerd ver­staan nie, ek hou daar­van om my fa­mi­lie en men­se na aan my ’n druk­kie te gee. Maar dees­dae druk el­ke Jan Rap en sy maat aan ’n mens. En as jy nie daar­van hou nie, dink par­ty jy is ge­mo­les­teer of koud.

Dis nie waar nie. Par­ty men­se hou nie van fi­sie­ke kon­tak van vreem­des nie, en dit be­te­ken glad nie dat jy nie lief­de­vol is nie. Kom ons re­spek­teer me­kaar se be­hoef­tes, drukkies of te nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.