WOR­TELS VAN EEN BOOM

Sarie - - Briewe - Je­a­net­te Sny­man, So­mer­set-wes

Ek stem vol­mon­dig saam met Me­lin­da (“Hoe­kom skaam wees”, wen­brief, Ju­nie 2017). Men­se oor­deel so graag op al­le ter­rei­ne. On­langs het ’n be­ken­de skry­wer jong kin­ders in ’n pu­bli­ka­sie ver­tel ho­mo­sek­su­e­le men­se is deur hul pa af­ge­skeep en moet be­jam­mer word. He­mel, ons leef in die 21ste eeu. As nie-fik­sie­skry­wer moet jy by we­ten­skap­li­ke fei­te hou. Ge­slag word al in die baar­moe­der be­paal.

So gaan dit voort. Daar is men­se wat net dit wat be­kend is, kan han­teer, het­sy gods­diens, kul­tuur, en meer. Ons kan al­leen ’n be­ter toe­koms hier ter plaat­se vir al­mal ver­se­ker as ons soos Al­bie Sa­chs dit stel, “as wor­tels van ’n ge­meen­skap­li­ke boom” groei. Eck­hart Tol­le re­ken jy moet ver­by die eie ego be­weeg en jou in die so­ge­naam­de “an­der” se skoe­ne plaas. Al­leen dan sal die no­di­ge em­pa­tie deel word van jou spi­ri­tu­e­le groei­pro­ses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.