KUNS IN DIE BOS

Sarie - - Briewe -

Ons draai in by ’n in­ko­pie­pa­ra­dys vir toe­ris­te. Old Nick Vil­la­ge lê so 3 km bui­te P­let­ten­berg­baai en die win­kel­tjies nes­tel teen me­kaar, om­ring deur voet­paad­jies en koel­te­bo­me. Die kalm­te is te­ra­peu­ties en gra­tis!

Ons ont­dek ’n plek­kie aan die ag­ter­kant waar Ed­gar be­sig is met pot­te­bak­kers­werk. Sy kuns­ti­ge pro­duk­te staan uit­ge­stal on­der ’n sink­af­dak. Room­wit kof­fie­be­kers met ’n li­la rand­jie steel my hart. “Net ve­mô­re is al die perse­tjies ver­koop, bui­ten dié drie. Jam­mer, Me­vrou!”

My man soek ses be­kers uit, waar­on­der dié drie met die li­la rand­jie, of­te­wel die “per­ses”. In een be­ker lê ’n bie­tjie wa­ter. “Dis net re­ën­wa­ter, Me­vrou. Die dak lek plek-plek.”

Ek trap sag­gies in hier­die man se wê­reld waar hy daag­liks sy kre­a­ti­wi­teit uit­leef. Ek vra ver­sig­tig. Ed­gar re­a­geer pas­sie­vol. Hy is al vir der­tig jaar be­sig met pot­te­bak­ke­ry. Maar daar is ook re­a­li­tei­te wat hom kort­wiek, soos in­ge­voer­de mas­sa­pro­duk­sie en die ge­wig van bui­te­lan­ders se tas­se. “Maar all o­ver gaan dit goed!”

As dit re­ën en die kof­fie uit Ed­gar se be­kers stoom, won­der ons of sy dak dalk nog lek. Su­san Mul­ler, Fraai-uit­sig (Suid-kaap)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.