Li­se in John­ny is nie dood nie ‘Ek moes diep delf in my e­mo­sies . . .’

Sarie - - Voorblad -

Ek moes die stu­dent as­ook die vol­was­se Li­se se ka­rak­ter ont­gin in die rol­prent [wat ver­le­de jaar met ver­skeie pry­se by die ky­knet-sil­wer­skerm­fees be­kroon is]. As jong mei­sie was sy wild and wacky, en ek moes my ja­re as dra­ma­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad her­be­soek. Ek het lank en hard na Vo­ël­vry se mu­siek ge­luis­ter, ver­al Jo­han­nes Ker­kor­rel. Dit is ge­grond op Ma­lan S­teyn se draai­boek vir die te­a­ter, hoe­wel Chris­ti­aan Ol­wa­gen dit vir die rol­prent ver­werk het. Chris­ti­aan, wat ook die re­gis­seur was, is nie pe­dan­ties nie en wou hê die woor­de moes lek­ker in ons mond lê. Li­se is ’n hart­seer ka­rak­ter. Sy het nie be­sef wat sy het nie. Toe sy met Dirk [Al­bert P­re­to­ri­us], wat e­nig­iets vir haar sou doen, ge­troud is, het sy bly hun­ker na meer. Ek moes na diep plek­ke in my­self gaan, na dui­send goed wat ék ook nie reg ge­doen het nie. Al­le ak­teurs weet hoe om on­ver­vuld­heid, hart­seer en hoop­vol­le e­mo­sies uit te beeld, maar die kuns is om dit u­niek te doen, om in te klim en byt te kry aan die ka­rak­ter. Daar­voor moet jy jou­self “seer­maak”. Ek voel el­ke keer e­mo­si­o­neel ver­rin­ne­weer ná die aan­leer van ’n nu­we rol. My blon­de ha­re vir die rol het my jeug­dig, sor­ge­loos en wild laat voel. Men­se het an­ders op dié e­ner­gie re­a­geer – ek weet nie hoe nie, net “an­ders”. Toe Joz my na af­loop van die film op die lug­ha­we kom haal het, het hy my aan­vank­lik nie her­ken nie, net ge­dink: “Daai blon­die is hot.” >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.