Sa­lomé in Dog­ma ‘Ek wil so­si­a­le kom­men­taar le­wer in my werk’

Sarie - - Voorblad -

Sa­lomé, die stro­pe­ri­ge pre­di­kants­vrou met die na­re “an­der kant”, is ’n aak­li­ge mens, maar ek het baie pret met haar ge­had. Sy is die ver­sin­ne­beel­ding van die skyn­hei­li­ge Chris­ten. Wat ’n fan­tas­tie­se ver­hoog­pro­duk­sie van Chris­ti­aan Ol­wa­gen – los­weg ge­grond op sy eie le­wens­ver­haal. By­na al­mal in die pro­duk­sie was pre­di­kantskin­ders – ek, Al­bert P­re­to­ri­us, Chris­ti­aan en Ti­na­rie van Wyk-loots [haar stief­pa is ’n do­mi­nee]. Die ka­rak­ters is rég­te men­se, maar ons het hul­le ef­fe oor­da­dig ver­tolk vir dra­ma­tie­se ef­fek. My na­vor­sing vir die ka­rak­ter [ge­skoei op die By­bel­se ver­leid­ster Sa­lomé met die se­we slui­ers] be­staan uit ja­re lan­ge waar­ne­ming. Hoe­wel my ou­er­huis li­be­raal was, is die kerk­op­set waar­in my pa be­weeg, tra­di­si­o­neel. Ek is be­wus van die un­der­bel­ly van skyn­hei­lig­heid. Die tan­nies en ooms wat in die o­pen­baar op een ma­nier op­tree, doen dalk by die huis iets gans an­ders. Die stuk wys bin­ne Chris­ten­skap is daar dik­wels baie boos­heid – kin­der­mo­les­te­ring, bloed­skan­de, affairs – din­ge wat on­der die mat ge­vee word. Ek wil met my werk so­si­a­le kom­men­taar le­wer, dit is my ver­ant­woor­de­lik­heid. Ek stel nie be­lang in ’n hoof­rol in ’n ro­man­tie­se ko­me­die nie.

En laas­te, maar nie die min­ste nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.