Ni­na in Die See­meeu ‘Sy het ’n mal­heid in my ont­ke­ten . . .’

Sarie - - Voorblad -

Oor my rol in hier­die ver­hoog­stuk [waar­van daar nou ook ’n rol­prent ge­maak is], ’n T­sje­kof-ver­ta­ling deur Saar­tjie Bo­tha, moes ek dik­wels hoor: “Hoe­kom speel jy al­tyd die f_d-up ka­rak­ters?” My te­o­rie: Moet nie jou ka­rak­ter ver­oor­deel nie. Jy moet in jou ka­rak­ter glo en pro­beer ver­staan hoe­kom sy se­ke­re din­ge doen. Jy moet lief raak vir haar. Ni­na het ’n se­ke­re mal­heid in my ont­ke­ten. As die ou­er Rolanda on­der­druk ek dik­wels daar­die mal­heid, maar ek weet dit is in my. Die re­gis­seur Chris­ti­aan Ol­wa­gen het my aan­ge­moe­dig om “daai mal Rolanda” weer te gaan op­diep. Ni­na se wê­reld was be­vry­dend én sca­ry. Sy raak be­trok­ke by I­ri­na Ar­ka­di­na [San­dra Prins­loo] se ge­lief­de, die skry­wer Bo­ris T­ri­go­rin [A­lyz­zan­der Fou­rie], want sy wil ’n ak­tri­se wees. Hy ver­rin­ne­weer haar. In so ’n ma­te dat sy ’n pros­ti­tuut word. Ek het op­nuut be­sef el­ke mens het don­ker­te en lig. Ons is so ge­kon­di­si­o­neer om ons don­ker­te weg te steek. Jy kan net ’n ka­rak­ter ver­staan as jy ook jou eie seer kon­fron­teer.

Vir die flie­krol moes ek my ha­re bloed­rooi kleur. Ek was bang dit skrik my dog­ter­tjie af. Maar kin­ders voel jou e­ner­gie en sien jou oë raak. Dit is hoe­kom hul­le nie ras­sis­ties is nie – hul­le is as’t wa­re kleur­blind . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.