Ma- wees ‘My hart klop bui­te my lig­gaam . . .’

Sarie - - Voorblad -

Vir die eer­ste keer klop my hart bui­te my lig­gaam. C­har­lot­te Ja­mes was on­be­plan, maar ná ons Turk­se wit­te­brood was ek swan­ger. Wat my die bang­ste maak, is dat ek haar nie al­tyd sal kan be­skerm nie. ’n Ma voel al­tyd skul­dig. Dit maak my kwaad as men­se vra: “Is dit nie won­der­lik nie?” Ja, maar ook har­de werk. Joz help my baie en ek het ’n goeie on­der­steu­ning­stel­sel, maar ek slaap net so­wat vyf uur per nag.

Ek wil haar toe­rus met self­ver­troue, haar ver­tel sy kan e­nig­iets doen, nes e­ni­ge man. Sy moet lief wees vir an­der, kan ver­ge­we, deer­nis hê, haar vrou kan staan. Dit is tric­ky om die ba­lans tus­sen sen­si­tief en as­ser­tief te kry. My ou­ers was ge­luk­kig goeie rol­mo­del­le. Hul­le het ons oop­kop groot­ge­maak en toe­ge­laat om ons eie be­slui­te te neem. As ek ons kind só kan groot­maak, sal ek ge­luk­kig wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.