S­te­fa­nie in Bin­ne­lan­ders

Sarie - - Voorblad -

‘Ons het al­mal ’n bitch in ons’ Ek was die feeks S­te­fa­nie in die ky­knet-se­pie. [Sy het dit in 2010 ver­laat.] Dit was pret­tig – ek ver­tolk veel eer­der ’n ka­rak­ter wat din­ge moei­lik vir an­der maak as die bo­ring sweet­he­art. Ek wéns ek kan in die reg­te le­we pront-uit die bitch wees, maar ek is ie­mand wat kon­fron­ta­sie ver­my, stil weg­stap van ba­klei­e­ry. Deur die ka­rak­ter word jy ge­kon­fron­teer met e­mo­sies wat jy nie som­mer in jou eie le­we er­vaar nie. Ek kan baie ver­duur, maar daar is tog ’n se­ke­re lyn. Dit gaan oor re­spek. Vrien­de en ro­man­tie­se ven­no­te moet me­kaar op­bou, aan­moe­dig.

Ek ge­niet dit om in se­pies te speel om­dat sto­rie­ly­ne en ka­rak­ters kon­stant ver­an­der. Ek het soms ge­suk­kel om te ver­staan hoe­kom my ka­rak­ter se­ke­re din­ge doen. Die skry­wers het groot vry­he­de om te doen wat hul­le wil met ka­rak­ters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.