CATO MEAKER

Sarie - - Voorbladgegis -

26 Ri­si­ko-a­na­lis en deel­tyd­se in­ge­ni­eur­stu­dent, Dur­ban­vil­le

Bes­te ei­en­skap­pe?

My glim­lag, uit­hou­ver­moë en op­ti­mis­me.

Is jy a­von­tuur­lik?

Ek is mal oor uit­da­gings. Ek sku­ba­duik, het ’n pri­va­te vlieg­li­sen­sie en is ’n fi­na­le­jaar­stu­dent in me­gatro­nie­se in­ge­ni­eurs­we­se. Ek het aan dié wed­stryd deel­ge­neem om­dat ek nu­we din­ge wil pro­beer.

Hoe­kom is jy ’n vega­nis?

Bui­ten die ge­sond­heids­voor­de­le, meen ek die aar­de is oor­be­volk en land­bou is nie vol­hou­baar weens ons oor­da­di­ge wa­ter­ver­bruik en er­ge be­soe­de­ling nie. Der­dui­sen­de li­ters wa­ter word daag­liks ge­bruik om slag­pa­le aan die gang te hou en om vee te voer.

Wat is op jou wens­lys vir die toe­koms?

Ek wil my mees­ters­graad in ruim­te­we­ten­skap doen en be­oog om een­dag in ’n ruim­te­tuig te vlieg.

Hoe wil jy vroue in­spi­reer?

Ek wil hul­le aan­moe­dig om te stu­deer en te werk in die we­ten­skap, teg­no­lo­gie, in­ge­ni­eurs­we­se en wis­kun­de.

Le­wens­les­se?

Wees die ver­skil wat jy wil sien.

Rol­mo­del?

Die en­tre­pre­neur Elon Musk. Hy het e­lek­trie­se mo­tors ge­wild ge­maak, be­y­wer hom vir die be­sker­ming van die aar­de en hy wil ruim­te­rei­se goed­ko­per maak. Ons het meer sul­ke men­se no­dig.

STEM VIR CATO SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur CATO (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.