SHENÉ VAN DER VYVER

23 Mo­de­ont­wer­per, Kru­gers­dorp

Sarie - - Voorbladgegis -

Hoe­kom het jy in­ge­skryf?

Ek het ’n “ou siel” en dink, al is ek jonk, het ek ’n in­spi­re­ren­de sto­rie om te deel. Dit is die vier­de jaar wat ek in­skryf.

Hoe wil jy vroue in­spi­reer?

Ek wil hul­le ver­tel jy hoef nie aan jou­self te t­wy­fel as jy nie per­fek is nie.

Hoe­kom is jy nóú juis ge­reed om jou sto­rie te deel?

Dis by­na te­ra­peu­ties. Ver­le­de jaar was ek ’n fi­na­le­jaar­stu­dent in BA Mo­de­ont­werp aan Le­a­ders in the S­cien­ce of Fashi­on in P­re­to­ria. Een og­gend is ek op pad klas toe deur vier mans voor­ge­keer . . . Die kam­pus se se­ku­ri­teit het op hul per­de op­ge­daag en hul­le het ge­vlug. Ek suk­kel steeds met angs.

Hoe het jou le­we daar­na ver­an­der?

On­danks die trau­ma be­sef ek God het ’n plan. Met die hulp van my ou­ers het ek my eie on­der­ne­ming – Shené Vyver Cou­tu­re – be­gin.

En die ta­toe­ëer­merk?

Aan die ein­de van ma­triek het ek die klein krui­sie on­der my pols laat aan­bring. As toe­ge­wy­de Chris­ten praat ek sel­de oor my ge­loof. Men­se moet dit kan sien aan my ge­drag.

Guns­te­ling-kleu­re?

Kleu­re soos wyn­rooi, mos­terd, goud, ka­kie – dit pas by my pas­sie­vol­le per­soon­lik­heid. Soms voel ek soos ’n S­pan­jaard!

Wat maak jou kwaad?

Ge­niep­sig­heid.

Jou groot­ste wens?

Om met my ge­lief­de, Jo­han­nes O­li­vier, na G­rie­ke­land te reis.

STEM VIR SHENÉ SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur SHENE (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.