NADIA DE WET

34 Boer­vrou van S­tan­der­ton, M­pu­ma­lan­ga

Sarie - - Voorbladgegis -

Hoe­kom wil jy wen?

SARIE bied reg­tig iets van al­les. As jy aan die “ver­keer­de” kant van der­tig is, is dit nie te sê jy kan nie meer waag nie.

Wat is die ge­heim van jou glan­sen­de vel en ha­re?

My pa se ma, ou­ma Ma­vis, het so ’n glan­sen­de vel ge­had, en ek ver­wy­der saans el­ke krie­sel­tjie grimering. So twee keer per maand be­soek ek die sa­lon vir ’n be­hoor­li­ke haar­be­han­de­ling en ek ge­bruik aan­vul­lings met fo­lien­suur en o­me­ga 3 en 6.

Uit­da­gings?

Ek het in my tie­ner­ja­re ’n se­nu-in­een­stor­ting ge­had, is op­ge­neem in ’n kli­niek en het lank aan de­pres­sie ge­ly. Ná die ge­boor­te van my eer­ste kind, John (7), het ek post­na­ta­le de­pres­sie ge­kry. Ek ge­bruik steeds an­ti­de­pres­san­te.

Was jou swan­ger­skap­pe moei­lik?

Ek het 32 kg op­ge­tel met E­sa­bel­la (5). En Syl­via (2) was ’n ver­ras­sings­pak­kie, maar só wel­kom.

Is dit waar dat jy Rus­sies praat?

My broer, Jus­tin, werk in Praag, T­sjeg­gië, waar baie in­wo­ners Rus­sies praat. Ná baie be­soe­ke aan hom het my lief­de daar­voor be­gin. Ek het ’n paar maan­de ge­le­de met be­hulp van ’n toe­pas­sing dié taal be­gin leer en kan my­self al goed help.

Mis jy die stad?

Ek het in P­re­to­ria ge­ma­tri­ku­leer en ’n han­dels­graad aan Tuk­kies ver­werf. Ek mis die flieks, win­kels, die a­no­ni­mi­teit. Op die plat­te­land weet al­mal al­les van me­kaar. Maar as jy swaar­kry, is daar al­tyd ie­mand met ’n bord koek­sis­ters voor jou deur. Die kin­ders klim boom, ry fiets, dis sor­ge­loos.

STEM VIR NADIA SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur NADIA (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.