LIZA AIKEN

27 Ad­mi­nis­tra­sie­be­amp­te in lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en be­plan­ning, Kaap­stad

Sarie - - Voorbladgegis -

Hoe wil jy vroue in­spi­reer?

As ’n plain Ja­ne soos ek in die Top-10 kan wees, kan húl­le ook.

Sal jy ooit jou ha­re kort sny?

Ha­re be­paal nie sek­su­a­li­teit nie. Ek het my ha­re af­ge­skeer toe my ma, S­hei­la, in my ma­triek­jaar aan die Ho­ër­skool Knys­na met bors­kan­ker ge­di­ag­no­seer is.

Het jou ma se siek­te jou le­we ver­an­der?

Ek moes vin­nig groot­word. My ma is die spil waar­om ons huis draai. Ek het die huis­hou­ding oor­ge­neem en baie oor bors­kan­ker ge­lees. Ken­nis gee mag. Ek het min daar­oor ge­praat, want ek hou nie van be­jam­me­ring nie. Dank­sy God kon ek en my pa, Lan­ce, sterk bly.

Was jy nie ra­send van kom­mer oor jou ou­ers ty­dens die on­lang­se Knys­na-bran­de nie?

Toe my sus­sie op 7 Ju­nie om vyf­uur die og­gend bel, het ek ge­weet daar is fout. Sy sê toe hul­le gooi al­les in die mo­tor as voor­sorg. Ek kon nie op­hou huil nie. My tuis­dorp, waar ek ge­leer het om mens te wees, is ver­woes en ek moes hul­pe­loos op te­le­vi­sie toe­kyk van­uit die Kaap.

Le­wens­les?

’n Een­vou­di­ge “dan­kie” bring jou ver.

Glo jy in Suid-a­fri­ka se toe­koms?

Dit lyk droe­wig. Ek was op pad om na Ka­na­da te ver­huis toe ek hoor ek is in SARIE se Top-10. Ek dink my ma het haar knieë deur­ge­bid. Din­ge ge­beur soos dit moet. Ek het vir my kê­rel, S­te­ve Moon­ey, ge­sê, ek gaan dit nié mis­loop nie.

STEM VIR LIZA SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur LIZA (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.