DANÉL PRATT

38 S­koon­heids­te­ra­peut en ei­e­naar van ’n skoon­heid­sa­lon, B­re­das­dorp

Sarie - - Voorbladgegis -

Jou bes­te ei­en­skap­pe?

Oë, ha­re, tan­de en my six-pack!

Guns­te­ling- A­fri­kaan­se mu­siek?

Chris C­ha­me­le­on, Ka­ren Zoid en Jak de P­rie­ster.

Hoe het ma-wees jou ver­an­der?

Ge­or­gia is nou 18 maan­de oud. Ek wou al­tyd ’n kei­ser­snee ge­had het, toe kraam ek nor­maal en dit was won­der­lik. Ek bors­voed nou nog. Ma-wees is die ver­ry­kend­ste er­va­ring.

Wat­ter er­va­ring het jou rég­tig ge­slyp?

Na­dat ek my di­plo­ma in skoon­heid aan Isa Car­stens op S­tel­len­bosch ver­werf het, het ek op ’n luuk­se pas­sa­sier­skip ge­werk. Die plaas­mei­sie van B­re­das­dorp moes gou groot­word.

Is jy ge­troud met Mnr. Per­fek?

Le­o­nard, ’n e­lek­trie­se kon­trak­teur, is se­we jaar ou­er as ek. Hy is ’n won­der­li­ke kok en maak bre­dies en skaap­sken­kels in swart pot­te met lang sou­se en per­le­moen wat hy in stuk­kies op­sny. Hy ver­sa­mel ook ek­so­tie­se vo­ëls. En hy is móói.

Hoe­kom werk dit so goed tus­sen jul­le?

Ons vul me­kaar aan. Hy dans nie, ek is ver­sot op bal­l­room. Ons lag vir die­self­de goed. En hy is mal oor my lyf!

Hoe­kom ge­niet jy vrou­wees?

Ek is mal oor on­der­kle­re – swart, pienk of rooi kant, par­fuum en grimering. Dis lek­ker om ma te wees én te werk.

Wat wil jy vir Ge­or­gia leer?

Em­pa­tie, ver­ge­wens­ge­sind­heid, me­de­deel­saam­heid. Én sy moet on­af­hank­lik wees.

STEM VIR DANÉL SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur DANEL (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.