ELANZE VAN DER MER­WE 30

Be­amp­te: mens­li­ke hulp­bron­ne, Beth­le­hem

Sarie - - Voorbladgegis -

Hoe­kom het jy ’n der­de keer in­ge­skryf?

Eint­lik wou ek baie graag dra­ma swot en hier­die is die naas­te wat ek aan die kol­lig kan kom.

Jy moes glo by­na jou troue af­stel vir dié wed­stryd?

Ons wit­te­brood­re­ë­lings het ge­bots met SARIE Voorbladgesig se ga­la­ge­sel­lig­heid, maar my ver­loof­de en SARIE se span het sa­ke ge­luk­kig gou uit­sor­teer.

Wat is ’n Voor­blad­wen­ner se taak?

Om vroue meer oor die “vrug­te van die gees” te leer – self­be­heer­sing, ne­de­rig­heid, v­re­de, vrien­de­lik­heid, goed­har­tig­heid, ge­duld en lief­de.

Mas­ka­ra, lip­stif­fie, on­der­laag?

Mas­ka­ra. Sog­gens na­dat ek ge­stort en my ha­re in ’n bok­stert vas­ge­maak het, sit ek dit da­de­lik aan.

Hoe kry jy jou ha­re so glan­send?

Ek smeer ge­reeld klap­per­o­lie aan voor ek gaan slaap en was dit die vol­gen­de og­gend uit.

’n Groot trau­ma wat jy moes ver­werk?

In my der­de jaar op u­ni­ver­si­teit het ek ’n goeie vriend se mo­tor af­ge­skryf toe ek on­der ’n vrag­mo­tor in­ge­ry het. Ek het nie baie seer­ge­kry nie, maar dit was ’n groot skok. Ek het be­sef wat wa­re vriend­skap is, selfs as die le­we jou op­from­mel.

Wat­ter Suid-a­fri­kaan­se glans­vrou be­won­der jy?

Die ak­tri­se Le­an­die du Randt. Ek sien in haar baie van die wild child in my­self en hou van haar o­pregt­heid.

STEM VIR ELANZE SMS die sleu­tel­woord VOORBLAD, ge­volg deur ELANZE (geen lees­te­kens), jou naam, van en te­le­foon­nom­mer na die nom­mer 35409. (SMS tot 1 Sep­tem­ber. ’n Ta­rief van R1,50 per SMS geld.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.