Waar was jy toe ...?

Dié nuus het ons al­mal ge­skud, selfs al was ons nie per­soon­lik be­trok­ke nie. Ont­hou jy prin­ses Di­a­na se laas­te oom­blik­ke in ’n mo­tor­wrak, die Helderberg-lug­ramp, die lig­te vlieg­tuig met Hansie Cron­jé wat teen ’n berg vas­vlieg . . .

Sarie - - Hieroor Praat Ons - DEUR LYDIA VAN DER MER­WE

< Sy ma, ’n be­kroon­de Kaap­se fo­to­graaf, het in­tus­sen weer lief­de ge­vind: “’n Won­der­li­ke man wat ons reeds ja­re ken. Ek en B­ri­an is drie jaar ge­le­de ge­troud en hy en Pe­ter kom uit­ste­kend oor die weg. Pe­ter vra hom dik­wels raad oor on­der­wer­pe wat wis­sel van mo­tors tot be­leg­gings­moont­lik­he­de. As Pe­ter in Kaap­stad is, sien ons hom min­stens drie tot vier keer per week. Ons gaan ook dik­wels lang­na­we­ke saam weg.”

Pe­ter sê hy het groot­ge­word met ’n won­der­li­ke ma en groot­ou­ers wat hom al die lief­de, lei­ding en on­der­steu­ning ge­gee het waar­voor hy ooit kon vra. Sal die fei­te ooit uit­kom? Hy weet nie. “Dit sal ie­mand be­son­ders verg om te sê: ‘Ek weet wat ge­beur het – hier is die sto­rie.’ Al­les wat ons weet, is saam­ge­flans uit klein stuk­kies be­wy­se. Sal ie­mand ooit die waar­heid ver­tel? Ek hoop van har­te so. An­ders het die bo­se ge­se­ë­vier.” * E­nig­een wat iets weet, kan Pe­ter ver­trou­lik kon­tak by hel­der­ber­g­crash@gmail.com. ** Dr. Da­vid Klat­zow, be­ken­de Kaap­se fo­ren­sie­se we­ten­skap­li­ke wat be­trok­ke was by die on­der­soek, wy ’n hoof­stuk aan die ramp in sy 2010-boek S­tee­ped in B­lood (Pen­guin Rand­om Hou­se). Be­soek www.klat­zow.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.