20 JAAR

Prin­ses Di­a­na sterf in ’n mo­tor­on­ge­luk ‘Ek het ge­wei­er om aan haar te dink’ – prins Har­ry

Sarie - - Hieroor Praat Ons - Bron­ne: te­le­graph.co.uk, re­fi­ne­ry29.com

Die wê­reld is in rou ge­dom­pel toe Di­a­na, lief­ling-prin­ses van die man op straat, op 31 Au­gus­tus 1997 in ’n mo­tor­on­ge­luk in Pa­rys sterf. Nou, in hier­die tyd, ont­hou die wê­reld daar­die don­ker dag toe ons moes hoor die Prin­ses van Har­te is dood.

Vol­gens ’n Tv-do­ku­men­têr het die koninklike fa­mi­lie ge­woon­weg pro­beer aan­gaan, ter wil­le van die prin­sies, Wil­li­am, toe 15, en Har­ry, 12. ’n Dag ná haar dood het hul­le ’n kerk­diens by­ge­woon waar nie ’n woord oor haar ge­rep is nie. “Is Mam­mie reg­tig dood,” het Har­ry glo aan prins C­har­les ge­vra.

Vir die rooi­kop-prins sou dit by­na twee de­ka­des duur voor­dat hy v­re­de daar­mee kon maak. “Ek het my ge­voe­lens op­ge­krop. Net my kop in die sand ge­druk en ge­wei­er om aan haar te dink, want wat sou dit tog help? Dit het ’n erns­ti­ge ef­fek op my per­soon­li­ke le­we en werk ge­had,” het hy on­langs in die me­dia daar­oor oop­ge­maak.

Be­kend as die los­bol-prins in sy twin­tigs, het hy nag­te lank in glans­ry­ke Lon­den­se nag­klubs ge­jol, ’n ge­wil­de tei­ken vir pa­pa­raz­zi.

Die le­we in die o­pen­ba­re oog het hom eg­ter tel­ke­ma­le laat voel hy is “baie na aan ’n to­ta­le in­een­stor­ting”. Dat hy op die punt is om ie­mand te slaan, angs­tig ty­dens koninklike ver­plig­tin­ge. Hy het vir siel­kun­di­ge hulp aan­ge­klop. Ook be­gin boks, as uit­laat­klep vir sy ag­gres­sie.

Har­ry het dié ky­kie in sy hart ge­gee om die stig­ma rond­om gees­tes­kwa­le te help af­breek. Want as jy eers daar­oor be­gin praat, be­sef jy jy is eint­lik deel van ’n groot klub, sê hy. Om daar­die re­de het hy, Wil­li­am en sy skoon­sus­ter, Ka­te, ’n lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie, He­ads To­get­her, ge­stig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.