15 JAAR

Hansie Cron­jé sterf in ’n vlieg­on­ge­luk ‘Baie men­se het hom ver­ge­we’ – Frans, sy broer

Sarie - - Hieroor Praat Ons -

Op 1 Ju­nie van­jaar was dit pre­sies 15 jaar ge­le­de dat Hansie Cron­jé, krieket se eens ge­lief­de en toe ge­val­le en­gel, in ’n vlieg­tuig­on­ge­luk in die Ou­te­ni­qua­ber­ge ge­sterf het. Sy vrou, Ber­tha (nou du P­les­sis), sê in ’n Sarie-on­der­houd (Mei 2017) sy het steeds nie woor­de vir wat ge­beur het nie. Vir die on­ge­loof, die fi­sie­ke pyn wat haar dub­bel laat vou het. Sy is in­tus­sen weer ge­troud met Ja­c­ques, ’n ou­di­teur, en woon steeds op Ge­or­ge. Hansie sal eg­ter bly voort­leef in haar en haar ge­sin se ge­heue.

Ja­c­ques is ook ’n oud-bloem­fon­tei­ner en sy ou­er broer en Hansie was vrien­de. Hy was dik­wels net so hart­seer soos sy oor Hansie se dood. “Ek kan met hom oor die goeie ou dae praat, oor my her­in­ne­rin­ge, hart­seer en be­kom­mer­nis­se.”

Ber­tha het twee jaar voor Hansie se dood ’n fo­tomuur be­gin en Ja­c­ques het be­sluit hul­le moet ver­der daar­aan bou. “Op Hansie se sterf­dag ont­hou ons al­mal saam. My seuns, Jac en Da­niel, ken ook my sto­rie, hul­le sien die fo­to’s, ‘oom’ Hansie se krie­ket­helms. Ons al­mal be­sef ek het ’n twee­de kans ge­kry – en hul­le is deel daar­van.”

Tyd bring ge­ne­sing, sê Hansie se rol­prent­re­gis­seur-broer, Frans, in nog ’n Sarie-on­der­houd (Maart 2017). “Maar ons mis hom, ver­al Kers­tyd. Baie men­se het Hansie ver­ge­we . . . Op sy ver­jaar­dag [25 Sep­tem­ber] en sterf­dag kry ons baie bood­skap­pe van aan­han­gers op Fa­ce­book.”

Die King-kom­mis­sie het Hansie, voor­heen kap­tein van die Pro­tea-span, in 2002 le­wens­lank uit pro­fes­si­o­ne­le krieket ge­skors weens sy kon­tak met In­die­se be­roeps­wed­ders. Een ding het hy uit Hansie se sto­rie ge­leer, dat ons al­mal meer ver­ge­wens­ge­sind moet wees, sê Frans.

OOR­KANT Die Costa Concordia lê op haar sy, 400 m van die land af. LINKS Waar is Maddie Mc­cann? Ná tien jaar is geen lei­draad nog ge­vind nie. REGS Ja­waahier Pe­ter­sen saam met pa Taliep. BO ’n Plak­kaat van Die Ja­loers­bok­kies, ’n mu­siek­groep wat Ja­waahier saam met on­der an­de­re haar broer As­hur ge­stig het om “Taliep se soort mu­siek” le­wend te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.