10 JAAR

Taliep Pe­ter­sen ver­moor ‘Ons wil le­we in sy ska­du’ – Ja­waahier, sy dog­ter

Sarie - - Hieroor Praat Ons -

Dit was ’n hart­ver­skeu­ren­de tyd. Taliep Pe­ter­sen se kin­ders be­gin nou maar eers die stuk­kies van hul le­we op­tel se­dert sy sin­lo­se dood. Dié Kaap­se mu­siek­le­gen­de is op Vry­dag, 16 De­sem­ber 2006, in sy huis in Athlo­ne, Kaap­stad, ge­skiet. Sy vrou, Na­j­wa, is skul­dig be­vind aan sy moord.

Dit het die “vreug­de en sor­ge­loos­heid” uit die le­we van sy kin­ders ge­steel: Na­ta­sha, Ja­waahier, Aisha, Fa­tie­ma, As­hur en Zayn­ab (sy e­nig­ste kind by Na­j­wa).

Die eer­ste drie jaar was hul­le vas­ge­vang in die hof­saak, hul le­we het ge­stol, sê Ja­waahier. “Dit was as­of hy le­wend ge­hou is deur die ein­de­lo­se be­spre­kings rond­om sy dood. Ná Na­j­wa se von­nis in 2009 kon ons weer a­sem­haal en ons pad vo­ren­toe vind.” >

< Die sing van sy soort mu­siek help nou ge­ne­sing bring. Hul­le wil hom ver­eer met wat hy goed ge­doen het. Sy na­la­ten­skap só le­wend hou.

In 2013 het Ja­waahier, As­hur en die san­ge­res Ne­di­ne Blom ’n eg Kaap­se mu­siek­groep, Die Ja­loers­bok­kies, ge­stig. Hul swa­er, Ju­naid Ga­lant, Fa­tie­ma se man, is ook ’n lid. Soos Taliep en Da­vid Kra­mer voor­heen, wil hul­le mu­siek ge­bruik om ver­soe­ning oor die kleur­grens heen te be­vor­der.

Ja­waahier se laas­te kon­tak met Na­j­wa, haar stief­ma, was toe sy in die hof­saak ge­tuig het. Ver­gif­nis is ’n groot woord, ver­al ge­ge­we die feit dat hul­le steeds wor­stel om die bru­ta­li­teit en op­per­vlak­kig­heid van sy dood te ver­staan, sê sy.

“Dit het reeds tien jaar van ons le­we ge­steel. Maar ek wei­er om el­ke wak­ker oom­blik aan wraak te dink, op­ge­vreet deur don­ker­heid en gif­tig­heid.”

Die dag voor Taliep se dood was hul­le al­mal, be­hal­we Na­ta­sha, in die mo­tor op pad Ca­nal Walk toe. Hy het met elk­een van hul­le ge­praat, hul­le laat be­lo­we hul­le sal me­kaar al­tyd on­der­steun. “Kyk jy te­rug, was dit ’n te­ken dat iets met hom gaan ge­beur. Maar dis wat ons daar­deur ge­dra het.

“Twee we­ke ná sy dood het ons nog langs me­kaar op ma­tras­se op die vloer ge­slaap, ons kon me­kaar nie al­leen los nie. Se­dert­dien het ons ver­hou­ding net heg­ter ge­word.

“Zayn­ab is tans in ma­triek. Ons groot­ste wens vir haar is dat sy ’n nor­ma­le le­we sal hê. Dat sy haar eie pad en i­den­ti­teit kan skep – son­der die swaard van ons pa se dood oor haar kop.

“Ons is Taliep se kin­ders. En wil le­we in ons pa se ska­du en sy na­la­ten­skap in die mu­siek­be­dryf. Nie die om­stan­dig­he­de rond­om sy tra­gie­se dood nie.” * Be­soek Die Ja­loers­bok­kies se blad op Fa­ce­book.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.