10 JAAR

Ma­de­lei­ne Mc­cann ver­dwyn Bed toe met Cudd­le Cat . . .

Sarie - - Hieroor Praat Ons -

In die tien jaar se­dert Ma­de­lei­ne Mc­cann op 3 Mei 2007 uit ’n va­kan­sie­woon­stel in Praia da Luz, Por­tu­gal, ver­dwyn het, het tal­le te­o­rieë rond­ge­vlieg oor wat ge­beur het. Klein Maddie se ou­ers het haar se­we­uur die Don­der­dag­aand in die bed ge­sit met haar pienk troos­kom­ber­sie en sag­te speel­ding Cudd­le Cat. Hul­le het toe so 55 me­ter daar­van­daan saam met vrien­de in ’n ta­pas­re­stau­rant gaan eet, maar el­ke half­uur ’n o­gie gaan gooi oor die drie­ja­ri­ge Maddie en haar twee­ja­ri­ge twee­ling­boe­tie en -sus­sie.

Die e­nig­ste klink­kla­re feit: Om 22:14 is Maddie as ver­mis aan­ge­meld. Een van die groot­ste soek­tog­te in de­ka­des na ’n ver­mis­te mens het af­ge­skop.

Die Por­tu­ge­se po­li­sie het da­de­lik haar B­rit­se ou­ers, Ka­te en Ger­ry, ver­dink. Be­lang­ri­ke lei­dra­de is daar­om in dié kri­tie­ke sta­di­um mis­ge­kyk, glo die eg­paar.

El­ke moont­li­ke te­o­rie is se­dert­dien on­der­soek: Maddie is deur ’n pedo­fiel ont­voer; ver­moor ty­dens ’n in­braak; ont­voer en aan ’n kin­der­lo­se eg­paar ver­koop; sy het uit die woon­stel ge­dwaal en tra­gies ver­on­ge­luk. Nie ’n en­ke­le lei­draad is ge­vind nie.

Haar ver­dwy­ning is nie net ’n per­soon­li­ke tra­ge­die vir haar ou­ers nie. Dit is ook ’n na­si­o­na­le ob­ses­sie in B­rit­tan­je en Por­tu­gal. Maddie se ou­ers word steeds daag­liks aan­lyn oor “hul na­la­tig­heid” uit­ge­skel. Die “M­cs­cams” word ook ge­reeld daar­van be­skul­dig dat hul­le oor haar ver­dwy­ning ge­jok het.

Die mer­kie in Maddie se reg­ter­oog (’n in­dui­king in die op­per­vlak van die i­ris, wat ’n ko­lo­boom ge­noem word) word dees­dae die “merk van Ma­de­lei­ne” ge­noem. En be­klem­toon in vi­deo’s en op plak­ka­te. Dis die een ding van haar voor­koms wat nooit sal ver­an­der nie. En dalk een­dag kan help om haar i­den­ti­teit te be­ves­tig. Haar te vind . . . Bron­ne: te­le­graph.co.uk, huf­fing­ton­post.com, bbc.co.uk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.