5 JAAR

Die Costa Concordia sink ‘Jy kan vrees rúik’ – Mi­cha­el van Di­jk, pas­sa­sier

Sarie - - Hieroor Praat Ons -

Y­skoud, don­ker, tus­sen he­mel en aar­de hang die red­dings­boot­jie met sy so­wat 120 vrees­be­van­ge in­sit­ten­des. Bo­kant hul­le troon die ge­won­de Costa Concordia teen ’n hel­ling van 40 gra­de. “Ver­beel jou jy is op die vier­de vloer van ’n tien ver­die­ping hoë ge­bou. En dis be­sig om te kan­tel,” ver­tel Mi­cha­el van Di­jk van P­re­to­ria. En dan: “Weet jy dat jy vrees kan rúik?”

Vry­dag, 13 Ja­nu­a­rie 2012. Die cha­o­tie­se ont­snap­ping van men­se uit die luuk­se­pas­sa­sier­skip was soos ’n to­neel uit die fliek Ti­ta­nic. Die skip, met so­wat 4 000 pas­sa­siers en be­man­nings­le­de aan boord, het na­by die Tos­kaan­se ei­land Gig­lio op die rot­se ge­loop en op haar sy ge­kan­tel. Al­te­sa­me 32 men­se het ge­sterf, so­wat 400 m van die land – en vei­lig­heid – af. Hul­le het ge­dink dis die diep­see, sê Mi­cha­el.

Daar was ’n “siek ge­luid” ter­wyl al­les van die ta­fel be­gin af­gly. Mi­cha­el en sy vrou, Na­rien, was in die ont­span­ningste­a­ter in die skip se neus. Hy ver­tel hy was deu­ren­tyd in be­heer, tot hul­le ein­de­lik in daai boot­jie ge­sit het en hy be­sef: “Wat nóú ge­beur, is nie meer in my han­de nie.

“Daar hang ons toe. S­ta­bi­li­seer­ka­bels hou ons aan die skip vas. Die eer­ste een kap ons met ’n byl af. Maar toe die byl on­der­toe val, skop ons die an­der een som­mer los. Af­waarts . . . Die ge­luid van die boot wat teen die skip se rand skuur, ’n ge­knars en ge­kreun. En die we­te, dit kan e­ni­ge tyd om­kan­tel . . .” Vir Na­rien bly een beeld spook: ’n Pa wat sy ba­ba oor men­se se kop­pe aan­gee. “Vat my ba­ba, vat net as­se­blief my ba­ba!”

Vyf jaar la­ter ont­hou hul­le al­les in gru­sa­me de­tail. “Dit sal nie weg­gaan nie, hoe­wel te­ra­pie die skerp ran­te stom­per ge­maak het,” sê Mi­cha­el.

Die kap­tein, Fran­ces­co S­chet­ti­no, het pas tronk­straf van 16 jaar be­gin uit­dien vir on­der meer man­slag en om­dat hy vroeg reeds die ha­se­pad ge­kies het. * Be­stel Na­rien se boek oor die tra­ge­die, Koud, don­ker en naak, by 083 291 1647 of na­rien­van­di­jk@ gmail.com. Kos­te: R210.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.