‘My “reis­mie­re” het vroeg al be­gin byt’

Za­ri­tha van Wyn­gaardt, ei­e­naar van twee reis­maat­skap­pye

Sarie - - Entrepreneurs -

Om te luis­ter na die mo­ti­ve­rings­pre­ker Dee­pak C­hop­ra, ’n ver­to­ning van die kul­kuns­te­naar Da­vid Cop­per­field in Las Ve­gas te sien, ek­so­tie­se lan­de soos Pe­ru en Ku­ba te be­soek, Fran­se sjam­pan­je in be­sig­heids­klas te drink . . . dit maak Za­ri­tha van Wyn­gaardt ge­luk­kig.

Uit die vlieg­tuig w­hat­sapp sy: “Ons vlieg oor die Noord­pool en kyk na glet­sers, see en ys so ver jy kan sien.”

Maar vroe­ër, ter­wyl an­der dalk tee­par­ty­tjies ge­hou of ge­kui­er het, het sy en haar man, Ger­hardt (’n sa­ke­man), dag en nag ge­werk. “Ons pluk eers die laas­te paar jaar die vrug­te daar­van,” ver­tel Za­ri­tha, ei­e­naar van die reis­maat­skap­py The Ob­vi­ous C­hoi­ce, wat vir plaas­li­ke sa­ke­on­der­ne­mings aan­spo­rings­toe­re reg oor die wê­reld re­ël.

Haar Pas­si­on Tours is vir klei­ner groe­pe wat háár harts­plek­ke wil be­soek, soos B­hoe­tan aan die han­ge van die oos­te­li­ke Hi­ma­la­ja na­by Ti­bet. (Dis eers in die ne­gen­tigs oop­ge­stel vir rei­si­gers.) Of be­son­der­se ge­beur­te­nis­se wil be­leef soos die Push­kar-ka­meel­fees in Ra­jast­han, In­dië, of kos­toe­re na Pe­ru . . . >

< Za­ri­tha het in Ju­nie haar stu­den­te­dog­ter Len­ka vir haar 21ste ver­jaar­dag na Las Ve­gas ge­neem. Ter­self­der­tyd het sy ’n in­ter­na­si­o­na­le kon­gres oor die reis­be­dryf by­ge­woon. “Ek het baie han­dels­ge­hei­me wat my on­der­skei van my me­de­din­gers en ek bly op die hoog­te van die nuut­ste tendense in die be­dryf.”

Sy en haar an­der dog­ter, Yer­ma, ook ’n stu­dent, het al baie saam­ge­reis. Een van hul hoog­te­pun­te was Po­le, waar hul­le die u­ni­ver­si­teit­stad Kra­kow, die kon­sen­tra­sie­kam­pe Auschwitz en Bir­kenau en die hoof­stad, War­schau, be­soek het.

Za­ri­tha ver­tel heer­li­ke staal­tjies oor ’n “men­sch” of tien wat al haar pad ge­kruis het. “Ek kyk in ie­mand se oë en weet ons gaan kliek. Soms op ’n lug­ha­we. Soos die gi­rl met tat­toos en pienk ha­re, my an­ti­te­sis, maar ons ont­dek raak­pun­te . . . Ek het ook ’n sag­te plek vir Boed­dhis­te en Mos­lems en leer by al­mal.”

Met ’n hon­neurs­graad in dra­ma, ’n li­sen­si­aat in spraak en dra­ma, as­ook ’n on­der­wys­graad van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, het sy net drie we­ke as on­der­wy­se­res aan ’n teg­nie­se seun­skool uit­ge­hou. “Ek was te tjom­mie-tjom­mie met die seuns, ook te veel van ’n ka­pi­ta­lis,” lag sy. “Ak­teurs maak ook nie geld nie.” Nee, sy wou haar vler­ke sprei en die kas­re­gis­ter laat klin­gel.

Die reis­mie­re het al be­gin byt toe sy ’n jaar lank ’n Ro­ta­ri­ër-uit­ruil­stu­dent in Bam­berg, Duits­land, was. Haar stu­dies, hu­we­lik, en wyn­kur­sus­se wat sy vir die KWV aan­ge­bied het, het ge­volg.

Toe sy swan­ger raak, wou sy flek­sie­tyd werk. “Ek en ’n vrien­din het nie juis ge­weet wát om te doen nie. Ek kon ge­sel­lig­he­de re­ël. Sy het ge­weet hoe om aan­spo­rings­toe­re te or­ga­ni­seer. Toe snoer ons krag­te saam. Ons eer­ste kli­ënt was die skoon­heids­huis L’oréal.”

Ná ’n ruk het Za­ri­tha op haar eie be­gin werk. “Die on­der­ne­ming het baie klein be­gin in 1995 – in my huis in Jo­han­nes­burg. The Ob­vi­ous C­hoi­ce is in 2000 amp­te­lik ge­re­gis­treer en Pas­si­on Tours ver­le­de jaar.”

Die groot­ste uit­da­ging was om te reis toe die kin­ders klein was. “Ge­luk­kig het ek ’n won­der­li­ke man, vrien­din­ne en ma.” Dit is ook nie al­dag glam om te reis nie. “Die droë lug ver­niel jou vel en ha­re en jet lag vat aan jou.”

Hoe­wel sy tuis glo aan rou vrug­te en groen­te, jui­cing en jo­ga, is kos al­tyd ’n reis-hoog­te­punt. “Ek oor­weeg ’n toer na Pe­ru, die nu­we kos­mek­ka. En ek wil nog jak­bot­ter-tee drink in Mon­go­lië.”

Sy gaan saam op al die toe­re wat sy re­ël, want dis heer­lik om dit deur kli­ën­te se oë te be­leef en ter­self­der­tyd ook meer te er­vaar. Maar dis ook stres­vol, want jy durf geen fou­te met hier­die ho­ë­pro­fiel-sa­ke­lui maak nie.

Vir haar vyf­tig­ste ver­jaar­dag vroe­ër van­jaar het Ger­hardt haar met ’n drie we­ke lan­ge va­kan­sie in In­dië be­derf. Hul­le het die hei­li­ge tem­pels van Ham­pi be­soek, klein gas­te­hui­sies op die plat­te­land waar hul­le “met her­ber­giers op­ge­tjom­mie het”, en Au­ro­vil­le, waar jy on­der meer mu­siek­te­ra­pie­kur­sus­se kan doen en jo­ga be­oe­fen. Dit is so­wat 15 km van Pon­di­cher­ry, waar die tier van die fliek The Li­fe of Pi (in ’n die­re­tuin) ver­film is. Sy neem baie toer­groe­pe na dié ek­so­tie­se land.

As die werk af­plat, maak sy meer tyd vir vrien­de en fa­mi­lie. “Als ge­beur op die reg­te tyd. Men­se word na my ver­wys of keer te­rug dank­sy goeie diens. Die le­we is goed vir ons.”

Za­ri­tha wys nooit werk weg nie. “Soms kry ek vir ska­kel­pro­jek­te R1 000 om ge­sken­ke vir ’n ge­sel­lig­heid toe te draai, ek ‘spoeg en plak’ soos op skool, maar ek lo­ve als.

“Dit voel nooit soos werk nie.”

Za­ri­tha van Wyn­gaardt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.