Jul­le sê

Sarie - - Inhoud - IN­SPI­RA­SIE VAN DIE MAAND

As kind, so­dra daar ’n kri­sis in ons huis was, was my ma se woor­de: “Gaan trek ’n skoon rok­kie aan, ons gaan dorp toe.” Eer­ste stop was my ge­lief­de bi­bli­o­teek. Daar tus­sen die kin­der­boe­ke het ek vei­lig ge­voel en kon ek na an­der wê­rel­de ont­snap. In boe­ke was daar ver­ras­sings en vars in­spi­ra­sie.

Dus is dit nie vreemd dat ek, toe ek on­langs ná 37 jaar deur ’n eg­skei­ding is, my vre­de en nu­we hoop in ’n bi­bli­o­teek en lees­stof gaan soek het nie. Toe ek na ’n nu­we tuis­te trek, het ek ge­sorg dat daar nie net een nie, maar som­mer vier bi­bli­o­te­ke in my nu­we om­ge­wing is. Hier het die vrien­de­li­ke bi­bli­o­te­ka­res­se en ge­meen­skap­pe my deur ’n baie moei­li­ke tyd ge­help. Om­dat jy die bi­bli­o­teek lief­het, voel dit ook as­of dit jou te­rug lief­het!

Hen­ry Ward Bee­cher het ge­sê ’n bi­bli­o­teek is nie ’n luuks­heid nie, maar ’n nood­saak­lik­heid. THERESA SMITH, WYNBERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.