Boek­din­ge

Sarie - - Inhoud -

oor haar jong­ste boek, De­bo­ra gaan huis toe (Hu­man & Rous­seau, R290)

Jou vo­ri­ge boek, De­bo­ra en seuns, speel af in die tyd voor en ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log. In hier­die een is die oor­log ver­by, maar die ka­rak­ters be­vind hul­le mid­de-in die Koue Oor­log. Wat van oor­log fas­si­neer jou? Kon­flik oor die al­ge­meen fas­si­neer men­se. Dis hoe­kom ons nuus­ka­na­le het. Daar is baie sel­de goeie nuus. Daar is nooit ’n be­rig wat sê die men­se het so goed met me­kaar klaar­ge­kom nie. Daar­die kon­flik, ek weet nie waar­om dit so is nie, ek weet nie of dit die sen­sa­sie daar­aan is nie, dis wat men­se graag wil hoor. In Lon­den raak De­bo­ra en Ja­kob al­bei be­trok­ke by spi­oe­na­sie. Dit maak dat hul­le kat en muis moet speel met die men­se in hul le­we. Ver­dui­de­lik meer oor die skep van ’n “le­gen­de” vir ’n a­gent en hoe dit be­skerm word. In­dien ie­mand ’n a­gent sou wees, dan het so ’n per­soon ’n le­gen­de. Dis die storie wat aan die wê­reld voor­ge­hou word. Dis ge­woon­lik so na as moont­lik aan die waar­heid. En sê nou ie­mand is ’n a­gent maar hy is ook ’n kuns­te­naar, dan is die per­soon wat die be­wa­ker van die le­gen­de is by­voor­beeld ’n ga­le­ry­ei­e­naar, so­dat die per­soon die a­gent kan by­staan. Dis ’n baie in­ge­wik­kel­de ding. Par­fuum speel ’n spe­si­fie­ke rol in die ver­haal. Waar­om? In die Koue Oor­log is a­gen­te ge­leer om ’n se­ke­re geur te dra. Men­se ont­hou se­ke­re reu­ke baie be­ter as dinge wat hul­le ge­sien het. Dus, as jy van voor­koms ver­an­der, moet jy ont­hou om jou par­fuum ook te ver­an­der, so­dat dit ’n an­der in­druk laat. Par­fuum speel ’n be­slis­te rol in die ver­haal.

Lees die vol­le­di­ge on­der­houd met He­le­ne de Kock op SARIE.COM

Uit die ge­dig “Niks” deur Wil­ma S­toc­ken­ström, uit die bun­del Hier­die mens (Hu­man & Rous­seau, R190) “Niks ge­na­di­ger as die ge­na­de van niks”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.