JOU VOOR­KOMS

Sarie - - WERK -

Jou kle­re­drag en lyf­taal kan die bood­skap oor­dra dat jy ont­vank­lik is vir kom­mu­ni­ka­sie, of glad nie, sê Ne­di­ne. “Dit wys ook hoe erns­tig jy jou­self en die si­tu­a­sie op­neem – daar is by­voor­beeld ’n groot ver­skil tus­sen ver­lei­de­lik­heid (’n lae hals) en vrou­lik­heid (’n aan­vaar­ba­re nek­lyn met mooi by­kom­stig­he­de wat aan­dag op jou slan­ke nek ves­tig).”

HAAR WEN­KE

Po­wer dres­sing laat jou vol self­ver­troue lyk. Dra sterk kleu­re soos swart, vloot­blou, rooi, don­ker­pers en don­ker­pienk. Ver­my pas­tel­kleu­re en herfs­kleu­re. Kom­bi­neer ook kon­tras­te­ren­de kleu­re soos swart en wit of don­ker­blou en rooi.

Grys is ’n ge­rus­stel­len­de kleur en ’n goeie op­sie as jy wil wys jy’s ont­vank­lik vir kom­mu­ni­ka­sie of on­der­han­de­ling. Dra par­fuum, maar nie ’n oor­don­de­ren­de geur nie. Let op jou lyf­taal. Hou jou han­de oop en langs jou sye wan­neer jy staan (eer­der as ge­vou), trek jou skou­ers te­rug en hou jou rug reg­op. Dit al­les laat jou ont­vank­lik lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.