Die laas­te wals, Hen­nie Au­camp (Ta­fel­berg, R240)

Sarie - - BOEKDINGE -

Die bun­del met 32 van Hen­nie Au­camp se kort­ver­ha­le, soos saamgestel deur Jo­hann de Lan­ge, is ge­neem uit 15 van sy bun­dels wat tus­sen 1965 en 2009 ge­pu­bli­seer is.

Wat dié bun­del in­te­res­sant maak, is dat dit as Au­camp se per­soon­li­ke keu­se be­skou kan word. ’n Jaar voor sy dood in 2014 het hy ’n no­ta­boe­kie met sy keu­se van ver­ha­le daar­in aan­ge­te­ken aan sy vriend, die skil­der Jan du Toit, ge­gee. De Lan­ge het dié ly­sie as ba­sis ge­bruik. Dit wis­sel van be­ken­de en ge­lief­de ver­ha­le tot min­der be­ken­des waar­voor hy ’n spe­si­a­le toe­ge­neent­heid ge­had het.

Die mees­te bun­dels is reeds uit druk en dié ver­sa­me­ling sal ver­se­ker dat die ver­ha­le ’n nu­we ge­slag le­sers raak en ver­maak. Au­camp was ’n mees­ter van die ver­tel­kuns en as jy van­jaar net een kort­ver­haal­bun­del koop, be­hoort dit hier­die een te wees. Gert Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.