uit­son­der­li­ke li­po­lies

Vir ja­re al is o­lie vir jou vel en ha­re ge­wild. Dees­dae stel al hoe meer skoon­heids­hui­se ook voe­den­de o­lies vir jou lip­pe be­kend

Sarie - - TRENDS -

Dank­sy o­lie se veel­sy­dig­heid is dit van­dag een van die ge­wild­ste skoon­heids­pro­duk­te om jou vel, ha­re en nou ook jou lip­pe te be­vog en ge­sond te hou. Baie van die li­po­lies be­vat na­tuur­li­ke plant­o­lies met ’n hoë kon­sen­tra­sie o­me­ga 3- en o­me­ga 6-vet­su­re. Dié vet­su­re is voor­de­lig om jou lip­pe te be­vog en sag en glad te hou, ver­al om­dat jou lip­pe nie self e­ni­ge se­bum (jou vel se na­tuur­li­ke o­lie) ver­vaar­dig nie en dus mak­lik uit­droog.

Li­po­lies voel glad nie taai op jou lip­pe nie en gly mak­lik aan. Bui­ten dat dit be­vog, plomp dit jou lip­pe op en help om fyn lyn­tjies te ver­sag. Baie li­po­lies be­vat ook pig­men­te wat ’n lig­te kleur gee. Jy kan dit al­leen ge­bruik om jou lip­pe te voed, Óf jy kan dit bo-oor jou lip­stif­fie aan­wend vir ek­stra glans.

Wenk S­kil­fer jou lip­pe ge­reeld af om te ver­se­ker dat die li­po­lie jou lip­pe doel­tref­fend be­vog

Dié li­po­lie be­vat klap­per- en a­vo­ka­do-o­lie en gee jou lip­pe ’n mooi deur­sig­ti­ge o­ran­je­pienk kleur – E­li­za­beth Ar­den S­heer Kiss Lip Oil in Co­ral Ca­ress (R295)

Dié be­vog­ti­gen­de li­po­lie be­vat jo­jo­ba-o­lie, ga­lam­bot­ter en vi­ta­mien E – In­glot High Gloss Lip Oil 02 (R449). By In­glot-win­kels en uit­soek­tak­ke van Ed­gars

Jo­jo­ba-o­lie in Clarins In­stant Light Lip Com­fort Oil in Mint (R295) voed jou lip­pe, ter­wyl krui­se­ment dit ver­fris en op­plomp

Vir ’n sub­tie­le lig­pienk ska­ke­ring, pro­beer Lan­cô­me Jui­cy S­ha­ker in Free­dom of Pe­ach (R270)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.