Wit­sjo­ko­la­de word ka­ra­mel

Sarie - - TRENDS -

Van die lek­ker­ste uit­vind­sels in die kom­buis is die re­sul­taat van ’n fout. So was dit ook met die “vier­de sjo­ko­la­de” – ka­ra­mel­ge­geur­de wit­sjo­ko­la­de, of­te­wel blond dul­cey. Fré­dé­ric Bau van die be­kroon­de sjo­ko­la­de­ver­vaar­di­ger Val­r­ho­na in Frank­ryk was be­sig om wit­sjo­ko­la­de in ’n bain-ma­rie te smelt. (On)ge­luk­kig het hy dit te lank op die plaat ge­los en die sui­ker het be­gin ka­ra­mel­li­seer. Die eind­re­sul­taat was ’n nu­we geur waar­van die wê­reld dees­dae nie ge­noeg kan kry nie. Plaas­lik is Na­ta­ni­ël se eie Blon­de Ca­ra­mel-sous reeds by C­hec­kers te koop. Maar jy kan jou eie maak

OONDGEBAKTE WITSJOKOLADESOUS

wit­sjo­ko­la­de van ’n hoë ge­hal­te (soos Lindt) room

Ver­hit oond tot 140 °C. Plaas wit­sjo­ko­la­de op bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is. Plaas in oond en roos­ter 10-15 mi­nu­te of tot die sjo­ko­la­de ’n ka­ra­mel­kleur aan­neem. Jy kan self be­sluit hoe don­ker jy dit wil hê. Plaas sjo­ko­la­de saam met room in pot en roer oor lae hit­te tot glad­de meng­sel vorm. Gooi sous deur sif en sit voor met don­ker­sjo­ko­la­de­room­ys.

Lees meer by in­ter. val­r­ho­na.com/en/ cho­co­la­te-ex­per­ti­se/ quest-fla­vor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.