Y­skoud

Sarie - - TRENDS -

Maak jou reg vir ’n koel so­mer: smelt-in-die­mond-sor­bet neem die kos­wê­reld oor! Maar moe­nie glo dis net vir na­ge­reg met sui­ker­soet vrug­te­geu­re of pa­let­ver­fris­sers nie. Nee, groen­te – van wor­tel en beet tot soet­ris­sie – kry ook ’n beurt. Ver­wag ook voor­ge­reg­te soos ge­stoom­de gar­na­le met bal­le ys­koue sor­bet, of men­gel­dran­kies soos je­ne­wer en to­ni­kum (G&T) in ys­vorm

AP­PEL-EN-FRAMBOOSSORBET

Ek maak my sor­bet met droë ys, maar jy kan dit ook daar­son­der maak, dit neem net lan­ger.

4 ap­pels, ont­klok en fyn­ge­kap 200 g (250 ml) sui­ker 200 ml koue wa­ter sap en skil van 2 suur­le­moe­ne 125 g fram­bo­se 250 ml jo­gurt 1 tak­kie roos­ma­ryn, fyn­ge­kap

Plaas al die be­stand­de­le vir die sor­bet in jou voed­sel­ver­wer­ker en maak by hoë spoed fyn tot glad­de meng­sel. K­lits met draad­klit­ser ter­wyl jy han­de vol droë ys by­gooi. Roer tot meng­sel dik en ro­me­rig is. Hou aan met roer tot al die rook van die droë ys ver­dwyn het – so­dra daar nie meer rook is nie, het al die ys ver­damp. Skep in ’n vorm van jou keu­se en plaas in die vries­kas vir ’n uur of twee. Keer uit en sit voor met roos­ma­ryn en fram­bo­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.