ONT­MOET DIE PER­DE*, WAT TUS­SEN HUL­LE HEELPARTY SKOUPRYSE HET

Sarie - - MY WÊRELD -

An­ge­los, ne­ge jaar, is baas van die plaas en voor­ma­li­ge SA ap­pa­loo­sa-kam­pi­oen. Hy het ’n goeie tem­pe­ra­ment, sy vul­lens is ge­sog en hy hou daar­van om te pronk.

P­rin­gi­pe­sa is skaam, maar mooi en wéét dit. Sy is won­der­lik met kin­ders. Peg­gy Sue is uit­bun­dig, baas­spe­le­rig, die ko­nin­gin van die trop wat al­mal rond­jaag.

Miss El­li is ook skug­ter en sy en P­rin­gi­pe­sa is aan die heup vas, hul­le raak angs­tig as hul­le nie by­me­kaar is nie. Sy is vin­nig op haar voe­te en vir die meer be­dre­we ry­er.

Die swan­ger Ge­or­gies Gi­rl is sag en min­saam.

Ya­ze­la is baie rus­tig en gek na ver­al kin­ders se aan­dag. Sy’t een blou en een bruin oog en wit sok­kies.

A­pol­lo­nas (3), die kroon­prins, sal An­ge­los ein­de­lik op­volg as bie­lie-van-die-stal­le.

* Dié per­de is blou­bloed, daar­om word die s­tal waar­uit hul­le kom (Kon­dos) nor­maal­weg voor hul naam ge­noem. Nes ko­nin­gin Lies­bet en prins Har­ry!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.