TROOS VIR DIE MAN­NE

Sarie - - GESONDHEID -

Ge­deel­de smart is hal­we smart, lui die spreek­woord. Ons na­tuur­li­ke ge­neigd­heid is om e­ni­ge hart­seer en e­mo­si­o­ne­le pyn te on­der­druk, te pro­beer weg­praat. Maar dit lei tot een­saam­heid en ie­wers haal dit jou in. K­wes­baar­heid (die La­tyn­se woord “vul­ne­ro” be­te­ken “om te wond”) is die hoog­te­punt van in­ti­mi­teit in ’n ver­hou­ding. Jy laat jou­self toe om deur jou vrou se seer­kry ge­wond te word. Her­ken en er­ken jou e­mo­sies van hart­seer, mag­te­loos­heid. Dan kan jy werk­lik op haar e­mo­sies en be­hoef­tes in­ge­stel wees. Dit skep ’n heg­ter lief­des­band en kan selfs fi­sie­ke ge­ne­sing aan­help. As jy suk­kel om jou eie e­mo­sies te ver­woord, skryf dit vir haar neer, of kry hulp. Práát oor jul pri­o­ri­tei­te, as­ook die dinge wat jul ver­hou­ding en die le­we sin gee.” Bron: Ja­mes de Vil­liers, siel­kun­di­ge van Kaapstad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.